2025-07-20
Johannes 15:5 NLV
Net omdat God se Gees in jou leef, waarborg dit nie dat sy krag in jou lewe werksaam is nie. God se krag is beskikbaar, maar jy moet daarby inskakel. Jesus vergelyk ons geestelike lewe met ‘n druiwestok en sy lote: ‘Ek is die druiwestok, julle is die lote. Wie aan My verbonde bly en Ek aan hulle, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie’ (vers 5 NLV). In hierdie vergelyking is die loot heeltemal afhanklik van die druiwestok; dit kan nie vrugte op sy eie voortbring nie.
As iemand appels aan die takke van ‘n dooie boom sou vasmaak en sê: ‘Kyk na hierdie vrugteboom,’ hoe sou jy reageer? Jy sal heel waarskynlik sê: ‘Jy het daai vrugte aan die boom vasgemaak.’ Dis soortgelyk aan wanneer ‘n Christen sê: ‘Ek gaan ‘n klomp vrugte in my lewe vasmaak – ‘n bietjie geduld nou, ‘n bietjie barmhartigheid later, ‘n bietjie selfbeheersing op ‘n ander tyd. Ek sal dit self doen.’ Dis onmoontlik! Dis die vrug van die Gees, nie die inspanning van die vlees nie.
Jesus het gesê: ‘…Wie aan My verbonde bly en Ek aan hulle, dra baie vrugte…’ Hoe kan jy vasstel of jy aan Christus verbonde is? Dink aan jou gebedslewe. Jou gebede openbaar jou afhanklikheid van God. Waarvoor bid jy? Dit waarvoor jy bid is dit waarvoor jy van God afhanklik is. Die Bybel sê: ‘Moenie ophou bid nie’ (1 Tessalonisense 5:17 NLV). Bid oor jou besluite, behoeftes, versoekings, belange, planne, skedule, probleme, aankope; bid oor alles! Deur dit te doen bly jy ‘verbonde’ – deur bewus te wees dat God en sy teenwoordigheid altyd by jou is.
Sielskos: 1 Sam 5:1-6:16; Op 11:15-19
2025-07-19
Ecclesiastes 5:4 NIV
When the pressures in your life begin to mount, the first thing you will be tempted to drop is your time alone with God, praying and reading His Word. And what’s more, Satan knows if he can keep you from it, he has won the battle, and he will get no opposition from you. So, how can you overcome this problem?
(1) By making a covenant with God. Think about it: Why do we make marriage vows? So we will think twice about breaking them! It’s the same in your devotional life: “When you make a vow to God, do not delay to fulfill it.”
(2) By scheduling it. Block out time to meet with God each day, just like you would for a doctor’s appointment or a business lunch. Can you think of a more important appointment? Surely not!
(3) By being prepared for the devil’s excuses. Adopt the Boy Scout motto: Be prepared! Dr. Robert G. Lee used to say, “If you wake up in the morning and don’t meet the devil face on, it means you’re headed in the same direction!”
(4) By leaving your Bible open the night before to the verses you intend to read the next morning. When you wake up, it will remind you that the most important thing you have to do today is meet with God.
What if you miss a day? Don’t worry – and don’t go on a guilt trip. If you miss a meal, you don’t give up eating, right? It just means you eat a little more at the next one and move on from there.
Soul food: Acts 24-26; Matt 11:1-9; Ps 1; Pro 16:10-15
Prediker 5:4 AFR83
Wanneer die druk in jou lewe begin ophoop, sal jy in die eerste plek versoek word om jou stiltetyd met God, om te bid en sy Woord te lees, te laat vaar. Satan weet ook dat as hy jou van jou stiltetyd kan weerhou, hy die stryd gewen het en sal hy geen teenstand van jou kry nie. Hoe kan jy dus hierdie probleem oorkom?
1) Deur ‘n verbond met God te sluit. Dink daaroor: Hoekom ruil ons huweliksbeloftes uit? Sodat ons twee keer sal dink voor ons dit verbreek! Dieselfde geld vir jou alleentyd met God. ‘As jy aan God ‘n gelofte gedoen het, moet jy nie versuim om dit te betaal nie…’
2) Deur dit te skeduleer. Skeduleer elke dag tyd saam met God in jou dagboek, net soos jy met ‘n doktersafspraak of ‘n belangrike vergadering sal doen. Kan jy aan ‘n belangriker afspraak dink? Sekerlik nie!
3) Deur voorbereid op die duiwel se verskonings te wees. Dr Robert G. Lee het gereeld gesê: ‘As jy in die oggend opstaan en die duiwel nie direk in die gesig staar nie, beteken dit dat julle in dieselfde rigting op pad is!’
4) Deur jou Bybel by die verse wat jy moreoggend wil lees, deur die nag oop te los. Wanneer jy wakker word, sal dit jou aan die belangrikste afspraak van die dag, naamlik om tyd met God te bestee, herinner.
Wat as jy ‘n dag oorslaan? Moenie bekommerd wees en heeldag skuldig voel nie. Wanneer jy ‘n maaltyd oorslaan, hou jy mos nie heeltemal op om te eet nie. Dit beteken net dat jy bietjie meer by die volgende maaltyd eet en dan daarvandaan aanbeweeg.
Sielskos: Hand 24-26; Matt 11:1-9; Ps 1; Spr 16:10-15
2025-07-18
Psalm 63:1 NIV
Dr. Stephen Olford said, “I want to hear the voice of God before I hear anyone else’s in the morning, and his is the last voice I want to hear at night.” Whatever time you set, morning or evening, be consistent. Make an appointment with God like you would with anyone else. And keep it. Don’t stand Him up! “How much time should I spend?” you ask.
(1) Begin with a few minutes and let it grow. Don’t start with a two-hour quiet time, or you will get discouraged. You will create memories of failure rather than memories of success. You must grow in this relationship like you do in any other one.
(2) Don’t take your watch with you. That can ruin your quiet time faster than anything else. Decide what amount of time you can give to God’s Word and prayer – then do it! Sometimes you will spend longer than you have set aside, and other times it will be shorter. Remember, you’re talking to the God of eternity; don’t insult Him by continually looking at your watch. With God, quality is more important than quantity. It’s what you do while you’re with Him that’s important, regardless if it’s ten minutes or one hour.
(3) Have a special place. “The next morning Abraham got up and returned to the place where he had stood before the Lord” (Genesis 19:27 NIV). Your special place should be somewhere you can pray aloud without embarrassment, somewhere you’re comfortable. Just don’t do it in bed – that’s too comfortable! As time goes by, your special place will come to mean everything to you because of all the wonderful times you have there with the Lord.
Soul food: Acts 22-23; Matt 10:32-42; Ps 65; Pro 16:8-9
Psalm 63:2 NLV
Dr Stephen Olford het gesê: ‘Ek wil God se stem in die oggend hoor voor ek enigiemand anders se stem hoor en sy stem is die laaste stem wat ek in die aand wil hoor.’ Of jy nou besluit om in die oggend of aand met God tyd te bestee, wees konsekwent. Maak ‘n afspraak met God en hou daarby. ‘Hoeveel tyd moet ek bestee?’ vra jy.
1) Begin met ‘n paar minute en laat dit groei. Moenie begin om twee uur lank stiltetyd te hou nie, dit sal jou ontmoedig. Jy sal meer herinneringe aan mislukking as herinneringe aan sukses skep. Jy moet hierdie verhouding, net soos enige ander verhouding, laat groei.
2) Moenie jou horlosie saamvat nie. Dit kan jou stiltetyd vinniger as enigiets anders ruïneer. Besluit hoeveel tyd jy aan God se Woord en gebed kan bestee – en hou dan daarby! Soms sal jy langer tyd wil bestee as wat jy beplan het en ander kere sal dit korter wees. Onthou, jy praat met die God van alle ewigheid; moenie Hom beledig deur aanhoudend na jou horlosie te kyk nie. Met God is kwaliteit belangriker as kwantiteit. Dis wat jy doen wanneer jy by Hom is wat belangrik is, ongeag of dit tien minute of ‘n uur is.
3) Kry ‘n spesiale plek. ‘Dié oggend het Abraham vroeg opgestaan en hom gehaas na die plek waar hy by die Here gestaan het’ (Genesis 19:27 NLV). Jou spesiale plek moet êrens wees waar jy hardop sonder skaamte kan bid, êrens waar jy gemaklik is. Moet dit net nie in die bed doen nie – dis te gemaklik! Soos die tyd aanstap, sal jou spesiale plek as gevolg van al die wonderlike tye wat jy daar saam met die Here bestee het, alles vir jou begin beteken.
Sielskos: Hand 22-23; Matt 10:32-42; Ps 65; Spr 16:8-9