Righteousness is a gift, not a reward

2025-08-15
Romans 5:17 NKJV

The Bible says, “Those who receive abundance of grace and of the gift of righteousness will reign in life through the One, Jesus Christ.” The righteousness that God approves and accepts comes as a “gift.” And it’s based on “grace.” And grace means “unmerited, unearned, undeserved favour with God.”

Are you trying through your own efforts to earn right standing before God? Do you believe that by doing more good deeds, giving more, praying more, serving more, that God will love you more and bless you? These are all good things. Indeed, they are important things. But the righteousness God accepts is a “gift” which He Himself bestows and you yourself cannot earn. Indeed, if you had to earn it, it wouldn’t be a gift; it would be a reward for your efforts. Furthermore, how would you know when you had done enough to please God and be acceptable before Him? Satan will take every opportunity to condemn you for never doing enough. When that happens, you begin to fall into the trap of guilt, condemnation, and shame.

When you base your relationship with God on your own merits, you will always fall short. Note something else in this Scripture. When you see your righteousness as a gift bestowed upon you by God because you have placed your trust in Christ, you begin to “reign in life.” Link this Scripture together with Romans 6:14, “For sin shall not have dominion over you,” and you begin to get the picture. Instead of being ruled by the world, the flesh, and the devil, you “reign” over them.

Soul food: Judg 19:16-21:25; Matt 18:10-20; Ps 119:97-104; Pro 18:6-8

Geregtigheid is ‘n gawe, nie ‘n beloning nie


Romeine 5:17 AFR20

Die Bybel sê: ‘Want as deur die oortreding van die een mens die dood deur daardie een mens begin heers het, sal hulle wat die oorvloed van God se genade ontvang, ja, die gawe van sy regverdiging, nog soveel eerder deur die een mens, Jesus Christus, in die lewe regeer’ (vers 17 NLV). Die geregtigheid wat God goedkeur en aanvaar is ‘n gawe en word op genade gebaseer. Genade is onverdiende guns by God.

Probeer jy deur jou dade om geregtigheid voor God te verdien? Glo jy dat wanneer jy meer goeie dade doen, meer gee, meer bid en meer dien, dat God jou liewer sal hê en jou seën? Dit is alles goeie dinge om te doen. Geregtigheid voor God is egter ‘n gawe wat Hy vir jou gee, jy self kan dit nie verdien nie. Hoe sou jy ook weet wanneer jy genoeg gedoen het om God te behaag en geregtig voor Hom te wees? Satan sal elke geleentheid gebruik om jou te veroordeel omdat jy nooit genoeg doen nie. Wanneer dit gebeur, begin jy in die strik van skuld, veroordeling en skaamte te trap.

Wanneer jy jou verhouding met God op jou eie meriete baseer, sal jy altyd te kort skiet. Wanneer jy jou geregtigheid as ‘n gawe wat deur God aan jou geskenk is omdat jy jou vertroue in Christus geplaas het sien, begin jy ‘in die lewe regeer.’ ‘Die sonde mag hoegenaamd nie oor julle heerskappy voer nie…’ (Romeine 6:14 NLV). In plaas daarvan om deur die wêreld, die vlees en die duiwel beheer te word, ‘regeer’ jy oor hulle.

Sielskos: Rig 19:16-21:25; Matt 18:10-20; Ps 119:97-104; Spr 18:6-8

Probeer om mekaar te verstaan

2025-08-14
1 Petrus 3:7 NLV

Om ‘n suksesvolle huwelik te hê, moet jy verstaan dat jou maat nie net fisies nie, maar ook geestelik en emosioneel van jou verskil. Kom ons sê ‘n argument ontstaan tydens ontbyt. Na werk het hy al daarvan vergeet; hy het dit agter hom gesit sodat hy op sy werk kan fokus. Vir hom is dit verby, maar nie noodwendig vir haar nie. Sy het dit dalk oordink en verwerk terwyl sy met haar dagtake besig was. Dit het nie verdwyn nie; dis onafgehandelde sake. Na werk kom hy by die huis en daar is spanning. Hy dink: ‘Wat is die probleem?’ Sy dink: ‘Hoe kon hy daarvan vergeet het?’ Hy dink: ‘Sy dink tog seker nie nou nog oor vanoggend se voorval nie?’

Om mekaar te verstaan bring geluk mee. ‘n Man se brein funksioneer in kompartemente. Hy beweeg van familie, na werk, na ontspanning, met elke kompartement afsonderlik van mekaar. In ‘n vrou se brein skakel die kompartemente egter bymekaar. Terwyl hy by die werk is, dink sy gelyktydig aan die kinders, die argument tydens ontbyt en beplan die aandete wat sy moet maak. Die oggend se insident is dus steeds in haar gedagtes.

Deur hierdie verskille te verstaan, kan sy hom kans gee om weer in die ‘familie kompartement’ te kom voor sy die kwessie ophaal. Hy kan ook besef dat sy nie onredelik is nie, maar dat sy afsluiting nodig het sodat sy weer goed oor die verhouding kan voel. Sommige dinge in die huwelik moet opgelos word, terwyl ander dinge verwerk, vergewe en vergeet moet word. As dit jou doelwit is om in harmonie met mekaar saam te leef, moet jy hierdie beginsel verstaan.

Sielskos: Rig 16:1-19:15; Matt 18:1-9; Ps 119:89-96; Spr 18:1-5

Try to understand each other


1 Peter 3:7 AMP

To have a successful marriage, you must understand that your mate is not only physically different from you but mentally and emotionally different too. Let’s say a problem arises at breakfast. After work, he has forgotten it; he compartmentalized it to focus on work. For him, it’s over, but not necessarily for her. She may have rehearsed and processed it while multitasking during day. It hasn’t disappeared; it’s unfinished business. After work, he comes home, and there is tension. He thinks, “What’s the problem?” She thinks, “How could he possibly forget?” He is thinking, “Surely she’s not still thinking about that incident from this morning?”

This is a good moment to introduce the Bible verse, “Live… in an understanding way.” Understanding brings happiness. A man’s brain functions in a compartmentalized way. He moves from family, to work, to recreation, with each compartment separate from the other. But in a woman’s brain the compartments are connected. While he is working, she is thinking about the kids, the argument at breakfast, and planning dinner simultaneously. So this morning’s incident is still in her mind.

By understanding these differences, she can give him time to get back into the “family compartment” before raising the issue. And he can realize she is not being unreasonable, she just needs closure so she can feel good about the relationship again. In marriage, some things must be resolved while other things must be processed, forgiven, and forgotten. And if your goal is to live in harmony, you must understand this principle.

Soul food: Judg 16:1-19:15; Matt 18:1-9; Ps 119:89-96; Pro 18:1-5

Hou dit eenvoudig

2025-08-13
Markus 4:33 NLV

As jy ernstig daaroor is om mense te bereik en hulle te onderrig, is daar twee dinge wat jy moet probeer doen:

1) Praat met hulle, nie bo-oor hulle koppe nie. ‘n Kleuter was besig om ‘n appel agter in sy pa se kar te eet. ‘Pappa,’ het hy gesê, ‘hoekom word my appel bruin?’ Sy pa het verduidelik: ‘Nadat jy die vel aan die buitekant geassimileer het, het die kernstruktuur van die appel met die atmosfeer in aanraking gekom, wat dit laat oksideer het. Sodoende is sy molekulêre struktuur aangepas en het dit in ‘n ander kleur verander.’ Na ‘n lang stilte het die seuntjie gevra: ‘Pappa, praat jy met my?’ Kan die luisteraar dit wat jy sê verstaan en gebruik?

Paulus het vir die kerk in Korinte gesê: ‘Ek moes julle met melk voed, nie met vaste kos nie, want julle sou nie iets sterkers kon verteer nie. Trouens, julle is ook nou nog nie gereed daarvoor nie’ (1 Korintiërs 3:2 NLV). Jesus het ‘n punt daarvan gemaak om sy stellings so te struktureer dat die mense sy boodskap kon verstaan. Dink daaroor: Jesus was God en Hy kon ons maklik met sy kennis verstom het. Omdat sy begeerte egter was om lewens ten goede te verander, het Hy op ons vlak gebly en ‘n taal wat ons verstaan, gebruik. Jy moet leer om dieselfde te doen.

2) Sê dit oor en oor. Die grondbeginsel van onderrig is herhaling. Daar word genoem dat mense iets sestien keer moet aanhoor voordat hulle dit glo en werklik verstaan. Die vraag wat jou moet kwel is nie: ‘Wat gaan ek sê nie?’ maar: ‘Wat gaan mense van my boodskap verstaan?’

Sielskos: Rig 12-15; Matt 17:14-27; Ps 119:81-88; Spr 17:27-28