2025-08-18
Eksodus 4:12 NLV
Jy hoef nie ‘n groot spreker te wees nie; jy moet net die boodskap kan oordra. Jy hoef nie ‘n ander spreker na te boots nie; jy moet net besluit om die bes moontlike ‘jy’ te wees. Dus:
1) Moenie jouself bekommer dat jy dalk ‘n fout kan begaan nie. Die kans is groot dat jy meer oor jou onderwerp as 90 persent van die gehoor weet. As jy struikel, wat dan? Dit wys aan die gehoor dat jy mens is – net soos hulle. Mense vind dikwels meer aanklank by jou kwesbaarheid as by jou krag. Boonop ondersteun die gehoor jou en wil hulle hê jy moet slaag.
2) Fokus daarop om waarde aan die gehoor oor te dra, eerder as om hulle te probeer beïndruk. Al wat wat saak maak, is dit wat die gehoor van jou boodskap huis toe neem. John Ford, ‘n Amerikaanse filmregisseur, het dit so gestel: ‘Jy sal goed praat wanneer jou tong die boodskap van jou hart oordra.’
3) Oefen! Oefen! Oefen! Wanneer jy jou boodskap in die spieël oefen, kan jy sien en hoor wat jou gehoor gaan sien en hoor. So kan jy verbeterings byvoeg en dienooreenkomstig regstellings maak.
4) Wanneer jy God se Woord deel, berei jou boodskap voor asof dit alles van jou afhang. Bied dit egter aan asof alles van God afhang – want dit doen! Paulus het geweet dat hy nie ‘n goeie spreker was nie en tog verander sy woorde tweeduisend jaar later steeds lewens: ‘My boodskap en my prediking was bitter eenvoudig. Ek het julle nie probeer oorreed deur geleerde welsprekendheid nie, maar deur die Heilige Gees wat kragtig onder julle gewerk het. Dit het ek gedoen sodat julle geloof nie sou berus op menslike geleerdheid nie, maar op die krag van God’ (1 Korintiërs 2:4-5 NLV).
Sielskos: Gal 4-6; Matt 19:1-14; Ps 119:113-120; Spr 18:10-12
2025-08-17
Johannes 16:24 ABA
Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor.
1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om harder te werk deur die vernuf wat Hy jou gegee het, te gebruik. Elia was in ‘n verwoestende droogte vasgevang toe God vir hom gesê het om na die Kritspruit toe te gaan en dat kraaie vir hom daar kos sou bring (sien 1 Konings 17:1-4). Elia kon geantwoord het: ‘Here, ek is uitgeput! Kan U hulle nie hiernatoe stuur nie?’ Die Bybel sê egter: ‘Elia het gedoen soos die Here hom beveel het…’ (1 Konings 17:5 NLV). Vra vir God of daar iets is wat jy moet doen en wanneer Hy vir jou die opdrag gee, doen dit.
2) Miskien is jou gebede nie breedvoerig genoeg nie. Weet God nie reeds wat ons nodig het nie? Ja, maar Hy wil dit by jou hoor. ‘…En eintlik is die rede hoekom julle nie het wat julle wil hê nie, die feit dat julle God nie daarvoor vra nie’ (Jakobus 4:2 NLV). God wil hê dat ons in gebed moet volhard: ‘En so sê Ek vir julle, hou aan vra, en vir julle sal gegee word wat julle vra. Hou aan soek, en julle sal vind. Hou aan klop, en die deur sal oopgemaak word’ (Lukas 11:9 NLV).
3) Ons besef nie dat God op sy tyd aan ons behoeftes wil voldoen nie. Soms wag Hy sodat Hy iets groters kan doen. Lasarus was dodelik siek, maar Jesus het nie onmiddellik gereageer nie. Hy het gewag sodat Hy hom uit die dood kon opwek (sien Johannes 11:1-6, 43-44). Die Woord verseker ons: ‘…Hy sal die goeie nie weerhou van hulle wat doen wat reg is nie’ (Psalm 84:12 NLV).
Sielskos: Gen 6:9-8:4; Matt 24:37-51
John 16:24 KJV
Have you been praying, and God hasn’t yet answered? Let’s look at some keys.
(1) Maybe you’re expecting a lot from God but not much from yourself. Perhaps He is asking you to work harder by utilizing the ingenuity He has given you. Remember, God’s promises are never an excuse for laziness. Elijah was in a devastating drought when God said, “Go to the brook Cherith. I will send ravens to feed you” (See 1 Kings 17:1-4). Elijah could have replied, “Lord, I’m exhausted! Can’t you send them here?” Instead, “he… did according to the word of the Lord” (v. 5 NKJV). Ask God if there is something you should be doing, and when He tells you – do it.
(2) Perhaps your prayers are not explicit enough. Doesn’t God already know what we need? Yes, but He wants to hear it from you. “You don’t have what you want because you don’t ask God for it” (James 4:2 NLT). God wants us to persist in prayer: “Ask and keep on asking… seek and keep on seeking… knock and keep on knocking” (Luke 11:9 AMPC).
(3) We fail to realize that God wants to meet our needs – in His time. “But what if my problem gets worse?” you ask. Don’t worry; it will never be too big for God to resolve! From time to time, He waits in order to do something even greater. Lazarus was sick unto death, but Jesus didn’t respond immediately. He waited so He could raise him from the dead (See John 11:1-6, 43-44). We’re inclined to think our request is God’s best answer to our need, even though His Word assures us, “No good thing will he withhold from them that walk uprightly” (Psalm 84:11 KJV).
Soul food: Gen 6:9-8:4; Matt 24:37-51
2025-08-16
Psalm 23:1 NIV
Spurgeon’s contemporary, Dr. Joseph Parker, pastored the City Temple Church in London. One day he walked up to his pulpit and read this verse: “The Lord is my shepherd, I lack nothing.” After a long pause, he closed his Bible, looked at the congregation, and said, “Friends, that is enough!”
And scripturally and practically speaking, he is right! When God is your shepherd, you “lack nothing.” Even in the grimmest circumstances, you need “fear no evil” because He is always with you (v.4 NIV). And you get to enjoy two things every human being craves – sufficiency and security – because with God, there is no lack of ability or resources to take care of us in any situation (See Philippians 4:19). It’s the reason Paul said that although he had nothing, he possessed everything (See 2 Corinthians 6:10).
From God’s perspective we need nothing but God Himself. The Bible tells us, “He that spared not his own Son, but delivered him up for us all, how shall he not with him also freely give us all things?” (Romans 8:32 KJV). And since He has already given us His greatest treasure, will He withhold from us any lesser resource? But there are some things we need to remember regarding God’s timing.
(1) Because of His superior wisdom, He calls the shots, and when the time is right, the answer will come.
(2) There are commandments He gives us, and until we obey them, the answer won’t come.
(3) Faith is crucial in receiving the answer.
Jesus Himself said, “I tell you, you can pray for anything, and if you believe that you’ve received it, it will be yours” (Mark 11:24 NLT).
Soul food: Gal 1-3; Matt 18:21-35; Ps 119:105-112; Pro 18:9
Psalm 23:1 NLV
Spurgeon se tydgenoot, dr Joseph Parker, was ‘n pastoor by die City Temple Church in Londen. Eendag het hy na sy preekstoel gestap en hierdie vers gelees: ‘Die Here is my herder, daar is niks wat my ontbreek nie.’ Na ‘n lang pouse het hy sy Bybel toegemaak, na die gemeente gekyk en gesê: ‘En vriende, dit is genoeg!’
Skriftuurlik en prakties gesproke is hy reg! Wanneer God jou herder is, kom jy niks kort nie. Selfs in die ergste omstandighede hoef jy nie bang te wees nie, want Hy is altyd by jou (vers 4 NLV). Jy geniet twee dinge waarna elke mens smag – genoegsaamheid en sekuriteit – want by God is daar geen gebrek aan vermoë of hulpbronne om vir ons in enige situasie te sorg nie (sien Filippense 4:19). Dit is die rede waarom Paulus gesê het dat hoewel hy niks het nie, hy alles besit (sien 2 Korintiërs 6:10).
Die Bybel sê vir ons: ‘As God werklikwaar nie sy eie Seun gespaar het nie, maar Hom ter wille van ons almal aan die dood oorgegee het, is daar tog geen manier waarop Hy nie ook alle ander goeie dinge aan ons sal skenk nie’ (Romeine 8:32 NLV). Daar is egter ‘n paar dinge wat ons rakende God se tydsberekening moet onthou.
1) As gevolg van sy voortreflike wysheid, sal die antwoord slegs kom wanneer die tyd daarvoor reg is.
2) Totdat ons gehoorsaam aan Hom en sy opdragte is, sal die antwoord nie kom nie.
3) Geloof is deurslaggewend om die antwoord te ontvang.
Jesus het gesê: ‘Daarom verklaar Ek vir julle, alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang, mits julle God daarmee vertrou’ (Markus 11:24 NLV).
Sielskos: Gal 1-3; Matt 18:21-35; Ps 119:105-112; Spr 18:9