God kan sy plan vir jou lewe versnel

2025-12-21
Johannes 2:10 NLV

Jesus se eerste wonderwerk was om by ‘n bruilof water in wyn te verander. Daar was ses klipkanne wat elkeen ongeveer 100 liter kon hou. “Jesus sê toe vir die kelners: ‘Maak die kanne vol water!’… Toe sê Jesus ook nog vir hulle: ‘Skep nou daarvan uit en vat dit vir die seremoniemeester.’ Hulle het dit gedoen… Die seremoniemeester sê toe vir die bruidegom: ‘Elke gasheer sit volgens gebruik eers die goeie wyn voor, en wanneer die gaste nie meer so goed kan onderskei nie, die swakker gehalte; jy het egter die goeie wyn tot nou toe teruggehou'” (verse 7-10 NLV).

Weet jy hoe lank neem dit om wyn te maak? Eers word steggies geplant en dan neem dit verskeie jare vir die wingerdstokke om geskikte druiwe voort te bring. Die druiwe word dan gepluk en geprosesseer om die wyn te maak. Dit neem dikwels drie tot vyf jaar voor die eerste wyn gereed is om gebottel te word. Wyn van ‘n beter kwaliteit neem vyf tot sewe jaar om gemaak te word. Mense beskou wyn wat twintig tot dertig jaar oud is, as die beste wyn. Jesus het in ‘n oomblik dit wat normaalweg dekades neem om te produseer, gemaak.

Indien jy dus besorg is dat jy nie genoeg tyd het om jou doelwitte te bereik nie, onthou dat Jesus dit wat gewoonlik jare neem, in ‘n oomblik kan doen. Miskien sal dit jou tipies twintig jaar neem om jou verband af te betaal, of tien jaar om jou besigheid op te bou. God se guns kan die tydlyn egter met jare verminder. Hy verander steeds water in wyn. Skep moed, die God wat ons dien weet hoe om natuurlike wette te versnel. Hy kan jou verder en vinniger laat beweeg as wat jy jou ooit kon indink.

Sielskos: Joh 14:6-11; Hand 4:8-12; Hand 16:22-34; Matt 1:18-21

God can accelerate His plan for your life


John 2:10 NKJV

Jesus’ first miracle was turning water into wine at a wedding reception. There were six waterpots, each capable of holding thirty gallons. First, He said, “Fill those pots with water.” Next, He said, “Take some out and bring it to the host of the party.” When the host tasted it, he told the groom, “This is amazing. Everyone serves the best wine first, and after people have had a lot to drink, they bring out the less expensive wine. But you have saved the best wine for last” (See vv. 7-10 NLT).

Do you know how long it takes to make wine? It begins with planting seeds, then takes several years for the vines to grow mature grapes. Then they have to be picked and processed to produce the wine. It often takes three to five years before the first wine is ready to be bottled. The better-quality wine takes five to seven years to make. And people consider the best wine to be twenty to thirty years old. Jesus produced in a moment in time what normally takes decades to produce.

So if you’re concerned that you don’t have enough time to achieve your goals, remember that Jesus can do in a moment what might usually take years. Maybe it would typically take you twenty years to pay off your mortgage, or ten years to build your business. But God’s Favour can thrust you years down the road. He still turns water into wine. Be encouraged, the God we serve knows how to accelerate natural laws. He can take you further, quicker than you can ever imagine.

Soul food: John 14:6-11; Acts 4:8-12; Acts 16:22-34; Matt 1:18-21

Engele waak oor jou

2025-12-20
Psalm 91:11 NLV

‘n Universiteitsprofessor het een keer ‘n groep studente na China vergesel. ‘n Paar dae na die aanvang van die reis het die professor ondenkbare maagpyn begin ervaar en is per ambulans na ‘n plaaslike kliniek gehaas. Dit was ‘n klein dorpie en die mediese personeellid in beheer van die kliniek het besef dat die professor se blindederm gebars het. Gif het deur sy hele liggaam versprei, maar aangesien daar geen chirurg by die kliniek was nie, was daar nie veel wat hulle vir hom kon doen nie. Die professor het stuiptrekkings begin kry en sy bewussyn begin verloor.

Terug by die huis in Amerika het die professor se pa, ‘n pastoor, tydens ‘n kerkdiens ‘n buitengewone besorgdheid oor sy seun begin voel. Hy het vir die gemeente gesê: ‘Ons moet gou stop en vir my seun bid. Iets is verkeerd.’ Dit was twee-uur die oggend in China toe een van die bekendste chirurge in die land die kliniek skielik binnestap – die einste chirurg wat saam met die Amerikaanse president reis wanneer hy China besoek. Die personeel was verbaas om hom te sien.

‘Ek is hier om na die Amerikaner om te sien,’ het die chirurg gesê. Hy het die operasie op die professor uitgevoer en sy lewe gered. Die volgende dag het die chirurg vir die professor gevra: ‘Wie is daardie twee mans wat jy gister na my kantoor gestuur het?’ Die professor het geantwoord: ‘Ek het niemand na jou gestuur nie. Ek ken niemand hier in China nie.’ Die chirurg het gesê: ‘Dis vreemd, want hulle het gesê jy is ‘n baie belangrike persoon en dat ek hiernatoe moet kom om jou te opereer.’ God se Woord sê: ‘Want Hy sal sy engele beveel om jou op al jou weë te beskerm.’

Sielskos: 1 Kor 1-3; Matt 1:6b-11; Ps 113; Spr 31:14-17

Angels watch over you


Psalm 91:11 NLT

A college professor once took a group of students to China for a field trip. Several days into the journey, the professor experienced unimaginable stomach pain and was rushed by ambulance to a local clinic. It was a tiny town and the medical staffer in charge of the clinic observed that the professor’s appendix had ruptured. Poison was spreading all through his body, but since there were no surgeons around, there wasn’t much that could be done for him. The professor went into convulsions and in and out of consciousness.

Back home in America during a church service, the professor’s father, a pastor, began to feel an extraordinary burden for his son. He said to the congregation, “We must stop and pray for my son. Something is wrong.” In China it was two o’clock in the morning when suddenly one of the country’s most famous surgeons walked into the clinic – the very surgeon who travels with the US president when he visits China. The staff was amazed to see him.

“I’m here to take care of the American,” the surgeon said, and he operated and saved the professor’s life. The next day, the surgeon said to the professor, “Who were those two men you sent into my office yesterday?” The professor replied, “I didn’t send anybody to you. I don’t know anybody here in China.” The surgeon said, “That’s odd, because they said you were a very important person and that I needed to be here and operate on you.” God’s Word says, “He will order his angels to protect you wherever you go.”

Soul food: 1 Cor 1-3; Matt 1:6b-11; Ps 113; Prov 31:14-17

Jou nuwe opstandingsliggaam (2)

2025-12-19
1 Korintiërs 15:43 NLV

Ons nuwe liggaam mag dalk ‘n glansende kwaliteit hê. Toe Moses tyd met God deurgebring het, het iets ongewoons met hom gebeur – sy gesig het begin blink (sien Eksodus 34:29). Iets soortgelyks het met Jesus gebeur: ‘En terwyl Hy bid, het die voorkoms van sy gesig verander, en sy klere het skitterend wit geword’ (Lukas 9:29 NLV). In Openbaring 21:23 lees ons dat die hele Nuwe Jerusalem deur die heerlikheid van God en die opgestane Christus verlig sal word.

Die Bybel sê ook: ‘Hulle wat ander mense leer, sal skitter soos die naghemel. Hulle wat baie mense lei om regverdig te word, sal vir ewig en altyd soos sterre skyn’ (Daniël 12:3 NLV). ‘Dan sal dié wat reg voor God gelewe het, soos die son skitter in die koninkryk van hulle Vader…’ (Matteus 13:43 NLV). ‘Ons daarteenoor het ons burgerskap in die hemel. Van dáár verwag ons ook die Here Jesus Christus as Redder. Hy sal ons vernederde liggame verander met goddelike heerlikheid, soos sy eie…’ (Filippense 3:20-21 NLV). ‘Geliefdes, ons is nou reeds kinders van God, maar dit is nog nie duidelik wat ons sal wees nie. Wat ons wel weet, is dat ons net soos Hy sal wees wanneer Hy verskyn. Ons sal Hom dan sien soos Hy regtig lyk’ (1 Johannes 3:2 NLV).

Een pastoor skryf: ‘Die Here Jesus Christus het deur sy opstanding die betaling, die bewys en die bloudruk van ons eie opstanding voorsien.’ ‘Net soos ons nou ‘n ewebeeld van Adam is, die mens uit die aarde, so sal ons eendag ‘n ewebeeld van Christus wees, die mens uit die hemel’ (1 Korintiërs 15:49 NLV). Jou nuwe opstandingsliggaam gaan in heerlikheid getooi wees!

Sielskos: Mal 1-4; Matt 1:1-6a; Ps 128; Spr 31:10-13