Reik hierdie Kersfees na iemand toe uit

2025-12-24
Johannes 1:14 NLV

Hier is ‘n wonderlike verhaal wat in die Presbiteriaanse Kerk in New York afgespeel het. Dit gaan oor ‘n alkoholis, genaamd Jim, wat op die herstelpad was. Dit was sy eerste Kersfees alleen en toe ‘n jong gesin langs hom in die kerkbank gaan sit, kon hy dit nie hanteer nie. Op pad by die kerk uit, het hy pastoor Thomas Tedwell ontmoet, wat gevra het waarheen hy gaan. ‘Uit vir ‘n drankie,’ het Jim geantwoord. Tedwell het gesê: ‘Jy kan nie dit doen nie. Waar is jou AA borg?’ ‘Op vakansie,’ het Jim geantwoord. ‘Ek het vanaand hierheen gekom op soek na ‘n woord van hoop en het langs daardie gelukkige gesin beland. As my lewe nie so ‘n gemors was nie, sou ek hier saam met my familie gesit het.’

Terwyl die pastoor na die kansel gestap het, het hy gebid: ‘God, gee my ‘n woord van hoop vir Jim.’ Nadat hy die gemeente verwelkom het, het hy gevra: ‘Ek het ‘n ongewone versoek. As iemand hier ‘n vriend van Bill W. is, ontmoet my asseblief in die konsistorie. (Bill Wilson was die medestigter van Alkoholiste Anoniem). Onmiddellik het mense begin reageer en Jim het stadig omgedraai. Soos dr Tedwell opgemerk het: ‘Terwyl ek besig was om te preek, het die Woord voor my oë vlees geword!’

Hierdie Kersfees ly sommige van die mense rondom jou; hulle het hoop verloor. Laat die Woord dus vlees word. Hef diegene wat geval het op, bemoedig die wanhopiges en bedien die siekes, die eensames en die vergetenes. Jesus het gesê: ‘…As julle iets hiervan vir een van my broers of susters gedoen het… het julle dit vir Mý gedoen’ (Matteus 25:40 NLV). In plaas daarvan om jouself hierdie jaar eenkant te hou, reik na iemand uit. Probeer dit – dit sal jou beste Kersfees ooit wees!

Sielskos: 1 Kor 10-11; Matt 1:18-25; Ps 139:1-12; Spr 31:25-27

Sit by Jesus!

2025-12-23
Efesiërs 2:4-6 NLV

Dr Donald Grey Barnhouse was vir baie jare die pastoor by Philadelphia se Tiende Presbiteriaanse Kerk. Een Sondagoggend was ‘n twaalfjarige seun in die gemeente verstom nadat hy hom oor die lengte en breedte en diepte van God se wonderlike genade hoor praat het. Barnhouse het sy preek afgesluit deur baie van die groot beloftes uit die Skrif in een indrukwekkende sin op te som: ‘Ons sondes is vergewe, vergeet, gereinig, bedek, soos ‘n dik wolk uitgewis, so ver as die ooste van die weste verwyderd en agter God geplaas.’ Aan die einde van die diens, toe Barnhouse na agter gaan om die mense te groet, het die seun hom genader, aan sy mou getrek en gesê: ‘Goeie preek, Dokter! Ons gaan eendag lekker langs Jesus sit, nè?’

God het ‘in Christus’ ‘n verlossende wonderwerk vir ons deur sy Seun verrig (sien Romeine 8:1; 1 Korintiërs 1:2; 15:22; 2 Korintiërs 5:17; Efesiërs 2:6-13). Die woord ‘in’ verseker ons dat net soos ons natuurlike geboorte ons in Adam, ons voorvader, geplaas het, so het God ons by die wedergeboorte doelbewus en presies in Jesus, ons Verlosser, geplaas.

Dink daaroor: ‘Maar God se onverdiende liefde is oorvloedig. Die liefde waarmee Hy ons liefhet, is so groot dat toe ons verkeerde lewe ons geestelike dood veroorsaak het, Hy ons saam met Christus lewend gemaak het… Omdat ons aan Christus Jesus verbind is, het God ons saam met Hom opgewek en saam met Hom ‘n sitplek in die hemel gegee (Efesiërs 2:4-6 NLV). Ons gaan in die hemel so nou met Jesus vereenselwig wees, dat ons onafskeidbaar en ewig een met Hom gaan wees! Wat ‘n wonderlike gedagte!

Sielskos: 1 Kor 7-9; Matt 1:17; Ps 97; Spr 31:22-24

Sitting pretty in Jesus!


Ephesians 2:4-6 NKJV

For many years Dr. Donald Grey Barnhouse pastored Philadelphia’s Tenth Presbyterian Church. One Sunday morning a twelve-year-old boy in the balcony was transfixed after hearing him speak about the length and breadth and depth of God’s amazing grace. Barnhouse closed his sermon by summarizing many of the great promises from Scripture in one impressive sentence: “Our sins are forgiven, forgotten, cleansed, pardoned… covered… blotted out as a thick cloud, removed as far as the east is from the west… cast behind God’s back.” At the end of the service when Barnhouse went to the back to greet people, the boy approached him, tugged at his sleeve, and said, “Good sermon, Doc! We’re sure sittin’ pretty, aren’t we?”

That glorious phrase “in Christ” speaks to the redemptive miracle God performed for us through his Son (See Romans 8:1; 1 Corinthians 1:2; 15:22; 2 Corinthians 5:17; Ephesians 2:6-13). The word “in” assures us that just as our natural birth positioned us in Adam, our forefather, at the new birth God deliberately and precisely positions us in Jesus, our Redeemer.

Think about it: “God, who is rich in mercy, because of His great love with which He loved us, even when we were dead in trespasses… raised us up together, and made us sit together in the heavenly places in Christ Jesus” (Ephesians 2:4-6 NKJV). Note that we’re seated together in heavenly places in Christ, not beside Him. And it gets even better! We’re seated there so closely identified with Jesus that we’re inseparably and eternally one with Him! Now if that’s not sitting pretty, tell us what is!

Soul food: 1 Cor 7-9; Matt 1:17; Ps 97; Prov 31:22-24

God is lief vir jou en waardeer jou

2025-12-22
Efesiërs 2:10 NLV

Sielkundiges sê dat ons selfwaarde gebaseer word op dit wat ons glo wat die belangrikste mense in ons lewe van ons dink. Vir kinders is dit heel waarskynlik hulle ouers. Vir volwassenes kan dit ‘n eggenoot, ‘n baas, ‘n vriend of ‘n mentor wees. Die probleem is dat mense ons teleurstel. Hulle kan dinge doen wat ons hartseer maak of pynig.

Die sleutel om ‘n ware sin van selfwaarde te ken en te onderhou, is om jou hemelse Vader die belangrikste persoon in jou lewe te maak. Baseer jou selfwaarde op dit wat Hy van jou sê. Wanneer jy foute maak, kan mense jou kritiseer en jou deur skuldgevoelens oorweldig laat voel. God sê egter: ‘Ek het genade vir die foute wat jy maak. Staan op en probeer weer. Jou toekoms is blinker as jou verlede’ (sien verse 4-10).

Die Bybel sê dat ons God se handewerk is. Dit beteken dat ons nie gemiddeld is nie. Ons is uniek. Ons is ‘n oorspronklike skepping. Ons is enig in ons soort. Dis hoe God jou sien. Dis hoe Hy wil hê jy jouself moet begin sien. Die Psalmdigter het dit as volg gestel: ‘U het my gesien voor ek gebore is. In u boek is alles opgeteken; elke dag is bepaal voordat een van hulle daar was. Kosbaar is u gedagtes vir my, o God! Hoe onmeetlik is die totaal! As ek dit sou moes tel, sou hulle meer wees as sandkorrels! Wanneer ek daarmee klaar is, sal U nog by my wees’ (Psalm 139:16-18 NLV).

Sielskos: 1 Kor 4-6; Matt 1:12-16; Ps 117; Spr 31:18-21

You are loved and highly valued by God


Ephesians 2:10 NLT

Psychologists say our self-worth is based upon what we believe the most important people in our lives think of us. For children, that would likely be their parents. For adults, that could be a spouse, a boss, a friend, or mentor. The problem is that people disappoint us. They can do things that bring us heartache and pain.

The key to really knowing and sustaining a true sense of self-worth is to let your heavenly Father be the most important person in your life. Form your sense of value on what He says about you. When you make mistakes, some people may criticize and make you feel overcome with guilt. But God says, “I have mercy for every mistake. Get up and go again. Your future is brighter than your past” (See vv. 4-10 NLT).

The Bible says that you are “God’s masterpiece.” A masterpiece is not mass-produced or created on an assembly line. It’s not average. It’s unique. It’s original. It’s custom made. It’s one of a kind. That’s how God sees you. And that’s how He wants you to begin seeing yourself. The psalmist put it this way: “You saw me before I was born. Every day of my life was recorded in your book. Every moment was laid out before a single day had passed. How precious are your thoughts about me, O God. They cannot be numbered! I can’t even count them; they outnumber the grains of sand! And when I wake up, you are still with me!” (Psalm 139:16-18 NLT).

Soul food: 1 Cor 4-6; Matt 1:12-16; Ps 117; Prov 31:18-21