Verbeter hoe jy met jouself praat

2025-02-08
Psalm 34:2 NLV

Of jy dit nou weet of nie, jy het ‘n deurlopende gesprek met jouself. Hoe klink hierdie gesprek? Moedig jy jouself aan? Of veroordeel jy jouself? As jy positief is, dan versterk jy jou positiewe selfbeeld. As jy negatief is, verswak jy jou selfwaarde. As jy ernstig daaroor is om jou lewe te verbeter, moet jy die manier waarop jy oor jouself dink, verbeter. Om dit te doen, moet jy die manier wat jy met jouself praat, verander.

Hoe ouer jy word, hoe meer verantwoordelik is jy vir die manier wat jy dink, praat en glo. Het jy nie reeds genoeg probleme nie? Hoekom jouself meer probleme gee deur jouself met negatiewe praatjies te ontmoedig? Verander in jou eie rasieleier. Elke keer wat jy goeie werk doen, komplimenteer jouself. Elke keer wat jy dissipline bo ‘n toegeeflikheid kies, waardeer dit dat jy jouself help. Elke keer wat jy ‘n fout maak, moenie alles opnoem wat fout is met jouself nie; sê vir jouself dat jy die prys vir groei betaal en dat jy volgende keer beter sal doen.

Die psalmdigter het die belangrikheid van hoe hy met homself praat, besef: ‘Ek sal te alle tye die Here loof. Sy lof sal altyd op my lippe wees.’ ‘Ek wil die Here prys en nie sy goeie dade vergeet nie’ (Psalm 103:2 NLV). ‘Ek sal vir die Here sê: ‘U is my toevlug en my vesting, my God op wie ek vertrou’ (Psalm 91:2 NLV). Die woord vir jou vandag is: verbeter hoe jy met jouself praat.

Sielskos: Gen 25:19-27:46; Luk 9:18-27; Ps 138; Spr 4:14-17

Improve your self-talk


Psalm 34:1 NKJV

Whether you know it or not, you have an ongoing conversation with yourself. How does it sound? Do you encourage yourself? Or do you condemn yourself? If you are positive, then you strengthen your positive self-image. If you are negative, you weaken your self-worth. If you’re serious about improving your life, then you must improve the way you think of yourself. And to do that, you must change the way you talk to yourself.

And the older you grow, the more responsible you are for the way you think, talk, and believe. Don’t you already have enough problems? Why give yourself more by discouraging yourself with negative self-talk? Turn into your own encourager. Each time you do a good job, compliment yourself. Each time you choose discipline over an indulgence, don’t tell yourself that you should have done that anyway; appreciate how much you are helping yourself. Each time you make a mistake, don’t rehearse everything that’s wrong with yourself; tell yourself that you’re paying the price for growth and that you will learn to do better next time.

The psalmist recognized the importance of his self-talk: “I will bless the Lord at all times; His praise shall continually be in my mouth.” “Bless the Lord, O my soul, and forget not all His benefits” (Psalm 103:2 NKJV). “I will say of the Lord, ‘He is my refuge and my fortress; My God, in Him I will trust'” (Psalm 91:2 NKJV). The word for you today is – improve your self-talk.

Soul food: Gen 25:19-27:46; Luke 9:18-27; Ps 138; Prov 4:14-17

Die belangrikheid van gemeenskap

2025-02-07
Handelinge 2:42 NLV

Euclides was ‘n groot wiskundige wat ongeveer driehonderd jaar na Christus geleef het. Hy is die bekendste vir sy dertien-volume reeks boeke genaamd Elements. Twee van sy grondstellings van meetkunde het die moderne gesegde: ‘Die geheel is groter as die som van sy dele,’ geïnspireer. ‘n Ander manier om dit te sê sou wees: ‘Iets wat nie alleen sal gebeur nie, gebeur in ‘n groep.’ Daardie iets word ‘sinergie’ genoem. Dit kom van die Griekse woord sunergia, wat samewerking en saamwerk beteken.

Die Nuwe Testamentiese kerk het dit uitgeoefen: ‘Hulle het hulle volledig gewy aan die leer van die apostels, aan die versorging van mekaar, aan die gemeenskaplike maaltye, en aan gebede.’ Jesus het geestelike sinergie as volg beskryf: ‘Boonop verseker Ek julle: As twee van julle hier op aarde sou saamstem oor enigiets wat julle van God behoort te vra, sal my hemelse Vader dit vir julle doen. Waar twee of drie bymekaarkom omdat hulle my mense is, is Ek immers ook saam met hulle daar’ (Matteus 18:19-20 NLV).

Die Heilige Gees openbaar nie alles aan almal nie. Ons leer en groei wanneer ons bymekaar kom. Geestelike volwassenheid vind op twee maniere plaas: 1) Deur gewillig te wees om dit wat God jou geleer het te deel. 2) Deur gewillig te wees om dit wat God ander geleer het, te leer. Let op wat die Bybel oor die Christene in Berea sê: ‘…hulle het met groot belangstelling na Paulus se boodskap geluister. Hulle het elke dag die Skrifte ondersoek om te sien of dit is soos Paulus en Silas sê. Baie van hulle het gevolglik gelowig geword…’ (Handelinge 17:11-12 NLV). Is jy in gemeenskap met ander gelowiges? Indien nie, beperk jy jou eie geestelike groei en seën.

Sielskos: Gen 24:1-25:18; Luk 9:1-17; Ps 134; Spr 4:5-13

The importance of fellowship


Acts 2:42 NLT

Euclid was a great mathematician who lived about three hundred years after Christ. He is best known for his thirteen-volume series of books called Elements. Two of his axioms of geometry have been revised to produce the modern saying: “The whole is greater than the sum of its parts.” Another way of saying this would be “something happens in a group that doesn’t happen alone.” That something is called “synergy.” It comes from the Greek word sunergia, meaning cooperation and working together.

The New Testament church practiced it: “All the believers devoted themselves to the apostles’ teaching, and to fellowship, and to sharing in meals (including the Lord’s Supper), and to prayer” (v. 42 NLT). Jesus described spiritual synergy in these words: “I say to you that if two of you agree on earth concerning anything that they ask, it will be done for them by My Father in heaven. For where two or three are gathered together in My name, I am there in the midst of them” (Matthew 18:19-20 NKJV).

The Holy Spirit hasn’t revealed everything to anyone. We learn and grow as we come together. Spiritual maturity happens in two ways: (1) By being willing to share what God has taught you. (2) By being willing to learn what God has taught others. Note what the Bible says about the Christians in Berea: “They received the word with all readiness, and searched the Scriptures daily to find out whether these things were so. Therefore many of them believed” (Acts 17:11-12 NKJV). Are you fellowshipping with other believers? If not, you are limiting your own spiritual growth and being robbed of blessing.

Soul food: Gen 24:1-25:18; Luke 9:1-17; Ps 134; Prov 4:5-13

Gebed (2)

2025-02-06
Lukas 18:1 NLV

‘n Doktorale student aan die Princeton Universiteit het eendag in Albert Einstein se kantoor ingeloop en gevra: ‘Wat is daar in die wêreld vir oorspronklike proefskrifnavorsing oor?’ Die briljante wetenskaplike het geantwoord: ‘Vind uit oor gebed.’ Einstein was nie die enigste persoon wat nuuskierig oor gebed was nie. Jesus het mense daarin onderrig, omdat die dissipels Hom gevra het om dit te doen. Hulle mag dalk nie proefskrifte daaroor wou skryf nie, maar hulle wou weet hoe om te bid.

“Eenmaal was Jesus êrens besig om te bid. Toe Hy klaar was, het een van sy dissipels na Hom gekom en gesê: ‘Here, leer ons om te bid…'” (Lukas 11:1 NLV). Die dissipels het Jesus gesien waar Hy besig was om te bid. Die manier waarop Hy gebid het was blykbaar soveel anders as die manier wat hulle gebid het, dat hulle gesê het: ‘Wys ons om te bid soos U bid.’ Voor Jesus die skare op ‘n bonatuurlike wyse kos gegee het, of sy twaalf dissipels uitgekies het, of die storm op die see van Galilea gekalmeer het, het Hy die tyd geneem om eers te bid. Die resultate van sy gebede was so wonderbaarlik dat sy dissipels gesê het: ‘Here, leer ons om te bid.’

Gebed gaan nie hoofsaaklik daaroor om vir God te sê wat jy nodig het nie; dis om nader aan God te beweeg. Soos een pastoor skryf: “Dis amper asof God sê: ‘Moenie vir My jou inkopielys bring nie. Ek weet klaar wat daarop staan. Ons sal dit later hanteer. Bring vir My jou hart. Bring vir My jou liefde. Bring vir My jou onverdeelde aandag.'” Gebed gaan nie hoofsaaklik daaroor om dinge van die Here te kry nie; dit gaan daaroor om tyd met God te bestee.

Sielskos: Gen 20-23; Luk 8:40-56; Ps 125; Spr 4:3-4