Jou verlede kwalifiseer jou as ‘n aanbidder

2025-02-11
Lukas 7:47 NLV

Die Bybel sê: ‘Een van die Fariseërs het Jesus na sy huis toe genooi vir ‘n maaltyd… ‘n Sekere vrou van losse sedes het gehoor dat Hy daar is en het ‘n albaste fles met duur aromatiese olies gebring. Sy het agter Jesus gekniel, by sy voete, en gehuil. Haar trane het op sy voete geval en sy het dit met haar hare afgevee. Toe het sy sy voete bly soen en aromatiese olie daaraan gesmeer. Die Fariseër wat… sien wat gebeur… het… vir homself gesê: ‘Dit bewys dat Jesus geen profeet is nie. As God hom werklik gestuur het, sou hy geweet het watter soort vrou hom aanraak. Sy is ‘n sondaar!’ (verse 36-39 NLV).

Toe het Jesus sy gedagtes geantwoord. Wat het Jesus vir die Fariseër gesê? Dieselfde wat Hy vandag vir jou sê: Dis jou verlede wat jou kwalifiseer om God te aanbid. ‘Ek sê vir jou, haar sondes – en dit is baie – is vergewe, en daarom bewys sy My baie liefde. Maar iemand vir wie min sondes vergewe is, betoon maar min liefde!’ (vers 47 NLV).

As daar nou een aanbiddingsleier in die Bybel is, is dit Dawid. Hy het geskryf: ‘Ek het met hunkering op die Here gewag. Hy het afgebuig en my geroep gehoor, en my opgetel uit die afgrond van die dood, uit die modder en die slym. Hy het my voete op ‘n rots laat staan en my op vaste grond laat loop. Hy het my ‘n nuwe lied gegee, ‘n lofsang om ons God te prys. Baie sal met eerbied toekyk. Hulle sal op die Here vertrou’ (Psalm 40:2-4 NLV). Die woord vir jou vandag is dus – jou verlede kwalifiseer jou as ‘n aanbidder!

Sielskos: Gen 30:25-31:55; Luk 9:37-45; Ps 145:1-13; Spr 4:20-22

Die verskil tussen Abraham en Petrus

2025-02-10
Matteus 14:30 NLV

Toe Petrus op bevel van Jesus uit die skuit geklim het, het hy iets gedoen wat hy nog nooit vantevore gedoen het nie; iets wonderbaarliks – om op water te loop. Solank as wat hy bly glo het, was hy suksesvol, maar toe vrees hom oorweldig, het hy begin sink. Die Bybel sê: ‘Maar toe hy die hoë golwe rondom hom sien, het hy paniekerig geword en begin sink. Hy skree toe vir Jesus: ‘Here, red my!’ Jesus het onmiddellik sy hand uitgesteek en hom gegryp…’ (verse 30-31 NLV). Petrus se fout was dat hy behep met die storm geraak het. Toe hy op die omstandighede rondom hom, in plaas van op die Redder naby hom, begin fokus het, het hy sy geloof verloor en begin twyfel.

Abraham het voor ‘n ander, maar net so moeilike stel omstandighede te staan gekom. Hy het ‘n seun gekry toe hy reeds amper honderd jaar oud was. Die Bybel sê egter: ‘Abraham het nie getwyfel aan God se belofte nie; inteendeel, sy geloof het sterker geword en so het hy eer aan God gegee’ (Romeine 4:20 NLV). Abraham was bewus van sy situasie, maar anders as Petrus was hy nie behep daarmee nie. Dit was sy gedetermineerde en gefokusde geloof wat hom vorentoe na sukses gedryf het.

Jy kan uit Petrus se fout en Abraham se voorbeeld leer. Jy kan bewus van jou omstandighede wees, maar nie behep daarmee wees nie. Jy kan doelbewus jou aandag op Jesus hou en in geloof vertrou dat Hy die wonderwerk wat jy nodig het, sal voorsien. Die woord vir jou vandag is dus – hou jou oë op Jesus, bly op dit wat Hy in sy Woord aan jou beloof het gefokus, hou aan in geloof wandel en jy sal kom waar jy nodig het om te wees.

Sielskos: Gen 28:1-30:24; Luk 9:28-36; Ps 141; Spr 4:18-19

The difference between Abraham and Peter


Matthew 14:30 NLT

When Peter stepped out of the boat at the command of Jesus, he was doing something he had never done before; something miraculous – walking on water. As long as he remained in faith, he was successful, but when fear gripped his heart, he began to sink. The Bible says, “When he saw the strong wind and the waves, he was terrified and began to sink. ‘Save me, Lord!’ he shouted. Jesus immediately reached out and grabbed him” (vv. 30-31 NLT). Peter’s mistake was that he became preoccupied with the storm. When he focused on the circumstances around him rather than on the Saviour close to him, he lost his faith and began to doubt.

Abraham faced a different but equally difficult set of circumstances: fathering a son when he was almost one hundred years old. But the Bible says, “Abraham never wavered in believing God’s promise. In fact, his faith grew stronger, and in this he brought glory to God” (Romans 4:20 NLT). Abraham was aware of his situation, but unlike Peter, he was not preoccupied with it. It was his determined and focused faith that propelled him forward to success.

And you can learn from Peter’s mistake and Abraham’s example. You can be aware of your circumstances, but not preoccupied with them. You can purposely keep your mind on Jesus, trusting in faith that He will provide the miracle you need. So, the word for you today is – keep your eyes on Jesus, stay focused on what He has promised you in His Word, keep walking by faith, and you will get to where you need to be.

Soul food: Gen 28:1-30:24; Luke 9:28-36; Ps 141; Prov 4:18-19

Voel jy ongekwalifiseerd?

2025-02-09
Nehemia 2:20 NLV

Met sy afgebreekte mure was Jerusalem weerloos teen sy vyande. Dus het Nehemia ‘n span bymekaargemaak om die mure te herbou. Hy het geen opleiding vir hierdie werk gehad nie. Hy was nie ‘n argitek of ‘n bouer nie. Jerusalem was ver weg geleë en hy was nog nooit daar nie. Hoe jy ook al daarna kyk, hy was nie vir die werk gekwalifiseerd nie.

Dis ‘n algemene eienskap van baie van die mense wat God op wonderbaarlike maniere gebruik het. Noag was ‘n boer wat geroep is om ‘n boot in die woestyn te bou. Dawid was ‘n skaapwagter wat geroep is om ‘n Filistynse reus te verslaan. Nehemia was ‘n skinker wat geroep is om Jerusalem se mure te herbou.

Wanneer dit daarby kom om God se wil te doen, is Godgegewe passie heelwat belangriker as enige menslike vermoë wat ons kan bydra. God gebruik ons inderwaarheid op die punt van ons grootste onvermoë. Sodoende kry Hy al die krediet. Verstaan egter die volgende: Wanneer God vir jou ‘n ‘las,’ of ‘n ‘passie,’ of ‘n ‘visioen,’ gee, het jy ‘n keuse om te maak.

Nehemia het reeds ‘n goeie werk gehad. Om die koning se skinker te wees was soos om sy regterhand te wees. Hy het nie net werksekuriteit nie, maar ook die voorregte en voordele van sy posisie geniet. Hy sou gemaklik gewees het om te bly waar hy is. As hy dit egter gedoen het, sou hy God se wil misgeloop het, daar sou nie ‘n boek in die Bybel na hom vernoem gewees het nie en jy sal nie nou oor hom gelees het nie. Voel jy ongekwalifiseerd? Wanneer God jou roep, rus Hy jou toe, voorsien jou van hulpbronne, lei jou en waarborg jou sukses.

Sielskos: Jes 53:1-12; Hand 8:26-40

Are YOU feeling unqualified?


Nehemiah 2:20 NLT

With its walls torn down, Jerusalem was defenseless against her enemies. So, Nehemiah assembled a team to rebuild the walls. He had no training for this job. He wasn’t an architect or a builder. Jerusalem was far away, and he had never been there. Any way you look at it, he was unqualified for the job.

That’s a common denominator with many of the people God has used in a remarkable way. Noah was a farmer, called to build a boat in the desert. David was a shepherd, called to topple a Philistine champion. Nehemiah was a cupbearer, called to rebuild Jerusalem’s walls.

When it comes to doing God’s will, God-ordained passions are considerably more important than any human ability we can contribute. In fact, God often uses us at our point of greatest inability. That way He receives all the credit. But understand this: When God gives you a “burden,” or a “passion,” or a “vision,” you have a choice to make.

Nehemiah already had a good job. Being the king’s cupbearer was like being his right-hand man. He didn’t simply enjoy job security, he enjoyed the perks and privileges of his position. He would have been comfortable staying right where he was. But if he had chosen to do that, he would have missed God’s will, missed having a book named after him in the Bible, and you wouldn’t be reading about him right now. Are you feeling unqualified? When God calls you, He equips you, resources you, guides you, and guarantees your success.

Soul food: Isa 53:1-12; Acts 8:26-40