Voel jy bedreig?
2019-07-30Handelinge 4:31 NLV
Bevind jy jouself in ‘n intimiderende situasie? Indien dit die geval is, let op vier dinge wat die dissipels gedoen het toe hulle deur die godsdienstige owerhede bedreig is. 1) Hulle het God by die situasie betrek. ‘En nou, Here, hoor hoe dreig hulle ons…’ (vers 29 NLV). Het jy met die Here daaroor gepraat? As dit nie groot genoeg vir ‘n gebed is nie, is dit te klein om ‘n las te wees! God behoort die eerste persoon te wees met wie jy dit bespreek, nie die laaste nie. Gebed is die deur waardeur Hy jou situasie binnekom, maak dus seker dat jy Hom binne nooi. 2) Hulle het vir groter geloof gebid. ‘…Gee dat ons, u diensknegte, u woord met waagmoed sal verkondig’ (vers 29 NLV). Dis onrealisties om te dink dat al jou vrae beantwoord sal word en dat al jou vrese sal verdwyn. Geloof en vrees sal altyd aan die werk in jou lewe wees. Om situasies te oorkom, moet jy jou vrees uithonger en jou geloof met God se Woord voed (sien Romeine 10:17). 3) Hulle het van God verwag om tussenbeide te tree. ‘Steek u hand uit…’ (Handelinge 4:30 NLV). Moenie net niks doen en verwag dat God sal beweeg nie. Gaan op die aanval. Toe die dissipels in ‘n storm vasgevang was, sĂȘ die Bybel: ‘Kort voor dagbreek het Jesus op die see na hulle toe aangeloop gekom’ (Matteus 14:25 NLV). Jesus werk die nagskof! Hy is enige tyd wat jy roep, beskikbaar. 4) Hulle is deur die Heilige Gees vervul. ‘…en hulle is almal met die Heilige Gees vervul…’ (Handelinge 4:31 NLV). Dis die sleutel! Hulle is deur God se krag versterk – jy kan ook wees.
Sielskos: Deut 18-21; Matt 13:10-23; Ps 78:40-55; Spr 16:32