Vind ‘n doel in jou werk
2020-12-26Genesis 2:15 NLV
Eers het God ‘n man gemaak. Toe het Hy ‘n tuin gemaak en vir die man gesê: ‘Versorg dit.’ Miskien dink jy dat werk as gevolg van die sonde ontstaan het. Dis waar, werk het op daardie punt ‘n ander betekenis aangeneem, maar dis ‘n fout om te dink dat ons eerste ouers nie ‘n doelwit gehad het nie.
Van die oomblik wat Adam en Eva geskep is, is dit duidelik dat God vir ons bedoel het om soos Hy te wees – kreatief, produktief en doelgerig in take wat tot sy doelwitte bydra. Adam en Eva was verantwoordelik vir die tuin en het voor hulle selfsugtige besluit om ongehoorsaam aan God te wees, maksimum vervulling in hulle werk ervaar.
Die Bybel sê: ‘Toe neem die Here God grond en vorm al die verskillende soorte diere en voëls daaruit. Daarop neem Hy hulle na die mens toe om te sien wat hy hulle sou noem. En die mens het vir elkeen ‘n naam gegee’ (vers 19 NLV). Die eerste werk in die heelal het ingesluit om die aard, gawes en sterkpunte van elke skepsel te identifiseer en oor hulle toesig te hou. Dis ‘n bestuursposisie! Iemand wat besig is benodig ‘n uitvoerende assistant, dus is Eva geskep om Adam se ‘helper’ te wees.
Jy hoef nie verder as die Bybel te kyk om te besef dat produktiewe werk God se plan vir jou lewe is nie. ‘n Werk wat goed gedoen word, is sy eie beloning. Dit gee jou ‘n sin van waarde, waarsonder jy in depressie kan verval. Moenie in die strik van die media trap wat sê dat suksesvolle mense nie nodig het om te werk nie. Ons is geskep om ‘n doel in die lewe te vervul, ten spyte van hoeveel geld in ons bankrekening is.
Sielskos: Sag 12-14; Matt 2:1-8; Ps 97; Spr 31:22-24