Verwyder ‘n las van jou skouers

2021-07-23
Matteus 11:30 DB

Jesus het gesê: ‘Kom na My toe, julle almal wat moeg is en swaar laste moet dra, en Ek sal julle lewens verkwik. Neem my juk op julle skouers. Kom leer van My, want Ek is sag en nederig van hart, en julle sal nuwe krag kry. Want my juk sal saggies op julle skouers rus en my las is lig om te dra’ (Matteus 11:28-30 NLV). Let op die woorde: ‘…my juk sal saggies op julle skouers rus en my las is lig om te dra’.

Dis goed om te weet dat ons nie oor dinge bekommerd hoef te wees, alles te moet uitpluis en die laste in ons lewens hoef te dra nie. Dit kan heel verfrissend wees om te besef dat dit nie nodig is dat ons alles oor alles hoef te weet nie! Ons moet leer om gemaklik daarmee te wees om te sê: ‘Ek weet nie wat die antwoord op hierdie penarie is nie, en ek gaan my nie daaroor bekommer nie, omdat God in beheer is en ek op Hom vertrou. Ek gaan in Hom ontspan en vry en lig lewe!’

Bekommernis steel ons rus en die voordele daarvan by ons. Wanneer jy jouself dus weer vind waar jy bekommerd en angstig is, moet jy onthou dat jou las lig en jou juk sag kan wees. Al wat jy moet doen is om in die versekering van God se liefde, voorsiening en leiding te rus.

As iemand jou vra wat jy aan jou probleem gaan doen, antwoord dat jy nie op die oomblik daaraan dink nie. As hulle jou vra hoekom nie, sê vir hulle dat jy dit aan God oorgegee het en dat jy Hom vertrou om dit vir jou te laat uitwerk.

Sielskos: Hand 24-26; Luk 9:18-27; Ps 1; Spr 16:10-15