Verstaan jou begeertes (2)

2019-07-07
Psalm 100:2 NLV

Om in jou verhouding met God te groei, moet jy van die ‘moet’ na die ‘wil’ kategorie toe beweeg. Die basiese waardering wat ons vir enige ervaring of gebeurtenis het, is wat die sielkundige, Jonathan Haidt, ons ‘hou-van-meter’ noem. Jou ‘hou-van-meter’ het die dag wat jy gebore is begin werk. Smaakkliere is byvoorbeeld goed ontwikkel in babas, dus behels hulle hou-van-meter gewoonlik dit wat in hulle monde gaan: ‘Ek hou daarvan – ek moet meer daarvan kry,’ ‘of ‘Ek haat dit – vat dit weg.’ Soos jy aanhou groei, registreer alles in jou lewe op jou hou-van-meter, sonder dat jy daaroor hoef te dink. Elke klank wat jy hoor, elke gesprek waaraan jy deelneem, elke happie wat jy eet, registreer as positief of negatief op jou skaal. Mense registreer ook op jou hou-van-meter. Jy vind jouself aangetrokke tot sekere mense gedurende die kortste van gesprekke. Iets binne-in jou sê: ‘Ek hou van hierdie persoon. Ek geniet hierdie gesprek.’ Dit gebeur die heeltyd. Hier is ‘n vraag om te oorweeg: Hou jy van God? Dit mag dalk soos ‘n vreemde vraag klink, maar as jy nie daarvan hou om tyd saam met Hom te spandeer nie, sal jy dit nie doen nie. Jy moet eerlik daaroor wees, want jy kan God nie mislei nie. In die Skrif word die Christelike lewe met ‘n ses-en-twintig myl marathon vergelyk. By die drie-en-twintig myl merker maak dit nie saak of jy dink jy moet klaarmaak nie, jy sal dit net doen omdat jy dit wil doen. Jou ‘wil’ hou met ander woorde aan wanneer jou ‘moet’ dit makliker sal vind om tou op te gooi. Die Psalmdigter het gesê: ‘Dien die Here met blydskap…’ omdat niks anders jou in staat sal stel om die marathon klaar te maak nie.

Sielskos: Rut 1:3-18; Joh 6:41-69