Verhoudings (1)

2022-01-22
Amos 3:3 NLV

Die regte verhoudings sal jou help om deur die lewe te sweef; hulle is soos die wind onder jou vlerke. Die verkeerde verhoudings sal jou egter aftrek; hulle is soos ‘n gewig rondom jou voete. Hier is drie riglyne wat jou sal help bepaal of ‘n verhouding goed is vir jou of nie:

1) Wanneer ‘n verhouding nie werk nie, erken dit. Soms moet jy jou verliese laat gaan. Soos die ou gesegde lui: ‘As jy in ‘n gat is, hou op grawe!’ Aanvaar die feit dat jou inspanning soms nie genoeg is nie en dat jy nie almal kan help nie. Om iemand te laat gaan beteken nie dat hulle nooit beter sal word nie; dit beteken net dat God beter gekwalifiseerd is as jy om hulle te help.

2) Daar is ‘n verskil tussen om iemand te help en om hom te dra. Hierdie is spesifiek van toepassing wanneer jy ‘n persoon het wat altyd na jou vir hulp draai en jou probeer laat skuldig voel wanneer jy nie ‘daar’ is vir hulle nie. Jou konstante hulp mag dalk ‘n hindernis wees – jy het ‘n kruk en ‘n instaatsteller geword. Tree terug en laat hulle leer om op hulle eie te loop.

3) Moenie toelaat dat jou vrees vir kritiek jou gesonde verstand beïnvloed nie. Hier is ‘n feit wat jy moet leer om saam mee te lewe: Nie almal sal van jou of dit wat jy doen, hou nie! Die waarheid kan seermaak en dikwels vervreem, maar dis steeds die waarheid. Daar is tye wat jy heeltemal eerlik moet wees en die nagevolge en afkeuring moet aanvaar. Die enigste manier om kritiek te vermy is om altyd dit wat mense wil hoor, te sê en dit beteken dat jou verhouding ‘n leuen is.

Sielskos: Gen 47-49; Luk 5:1-11; Ps 91; Spr 3:3-4