Verander jou siening van God

2023-06-16
Sefanja 3:17 NLV

Wat is jou siening van God? Wanneer jy bid: ‘Ons Vader,’ wat sien jy? Sien jy ‘n ouer wat jou verlaat het, jou mishandel het, of hulle verantwoordelikheid teenoor jou verwaarloos het? Dink jy aan ‘n kwaai pa wat jou altyd beskuldig; ‘n God wat net wag om jou te straf die oomblik wat jy iets verkeerd doen?

As dit die geval is, moet jy jou siening van God verander. Die Bybel sĂȘ: ‘Die Here jou God is by julle. Hy is ‘n magtige Verlosser. Hy is buitengewoon bly oor julle. Sy liefde sal julle rustig maak. Met uitroepe van vreugde sal Hy oor julle jubel’ (vers 17 NLV).

Kom ons breek hierdie Skrifgedeelte in dele op: 1) ‘Die Here jou God is by julle.’ Hy is nie ‘n veraf God nie, maar ‘n Vader wat naby en persoonlik is en sy verloste kinders innig liefhet.

2) ‘Hy is ‘n magtige Verlosser.’ Wanneer jy die woord ‘magtig’ oorweeg, dink aan Hercules, vermenigvuldig dit met ‘n biljoen en jy sal steeds nie naby die mag van God wees nie. Jy mag dalk vandag swak wees, maar Hy is sterk. Jou sondes mag dalk groot wees, maar sy reddende genade is groter (sien Romeine 5:20).

3) ‘Hy is buitengewoon bly oor julle.’ Elke keer wat God vir jou kyk, glimlag Hy en is Hy bly. Jy maak sy hart bly. Het jy dit geweet?

4) ‘Sy liefde sal julle rustig maak.’ Het jy al ooit ‘n ma wat ‘n huilende baba troos dopgehou? Die baba word getroos, voel veilig en raak aan die slaap. Dis wat God vir ons doen.

5) ‘Met uitroepe van vreugde sal Hy oor julle jubel.’ God jubel! Waaroor jubel Hy? Oor jou! Dis tyd om jou siening van God te verander!

Sielskos: 2 Kon 10-12; Matt 18:21-35; Ps 73:1-16; Spr 13:17-19