Soek donkies – en ontdek jou lewensdoelwit (2)

2020-06-02
1 Samuel 10:27 NLV

Wanneer God jou vir ‘n spesifieke doel roep, sal nie almal daaroor bly wees nie. ‘Maar daar was ook sommige bose manne wat ontevrede was en gesê het: ‘Hoe kan hierdie man ons red?’ Hulle het hom verag en geen geskenke vir hom gebring nie. Saul het hom egter nie aan hulle gesteur nie.’ Jou gawes – en die resultate wat dit meebring – bevestig jou roeping. “…Samuel [sê] vir [Saul]: ‘…jy moet hier bly staan, want ek het ‘n boodskap van God vir jou…'” (1 Samuel 9:27 NLV) Wanneer jy weet dat jy ‘n opdrag van God af gekry het, sal die kritiek van ander jou minder affekteer. God se teenwoordigheid stel jou gerus, sy Woord rig jou treë en sy vrede laat die storm binne-in jou bedaar. Wanneer jy God se stem gehoor het, sal vleitaal jou nie beïnvloed nie, omdat beide jou voete op die grond geplaas is en omdat jou instruksies duidelik is. Jy sal nie ander mense se lof nodig hê nie, want God se vertroue in jou sal jou heeltemal bevredig. Nadat jy God se stem gehoor het, verander jou houding onmiddellik; jy sal nie die toekoms met woede of vrees ingaan nie. God het gepraat, sy Woord los elke kwessie op en oor tyd sal Hy reg bewys word. Hier is ‘n belangrike Skrifgedeelte om in gedagte te hou: ‘Die werk wat nou aan die gang is, lyk miskien klein en nie waffers nie. Maar moenie die waarde daarvan onderskat nie…’ (Sagaria 4:10 DB). In plaas daarvan om jouself met ander mense te vergelyk en jouself af te kraak, moet jy elke klein treetjie wat jy in geloof op pad na jou Godgegewe doelwit neem, vier.

Sielskos: 1 Kon 14-15; Mark 13:24-37; Ps 121; Spr 12:23-24