Sit ander dinge eenkant en begin dien
2024-03-20Johannes 13:3-4 NLV
Wanneer dit daarby gekom het om ander te dien, het Jesus eerste gegaan. “Hy het toe van die tafel af opgestaan, sy boklere uitgetrek, ‘n doek gevat en dit om Hom vasgebind. Daarna het Hy water in ‘n wasskottel gegooi en begin om die dissipels se voete te was en af te droog… Hy kom toe by Simon Petrus, wat vir Hom sê: ‘Here, gaan U mý voete was?'” (verse 4-6 NLV). As jy ander mense wil dien, moet jy jou beeld, jou gemak en jou agenda eenkant toe skuif. Deur sy boklere uit te trek en eenkant te sit, het Jesus gedemonstreer dat God nie tyd vir mode of giere het nie.
Ware bediening is nie beeldbewus nie; dit word met die volledige verontagsaming om onderskeid tussen mense te tref, gepaard. Petrus het dit egter nie besef nie! Hy was verleë om te dink dat Jesus Homself in so ‘n vernederende lig sou stel. Dus het Jesus gesê: ‘Julle noem My Leermeester en Here… As Ek dan, wat julle Here en Leermeester is, julle voete gewas het, moet julle ook mekaar se voete was. Ek het vir julle ‘n voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen… As julle hierdie dinge insien en julle eie maak, sal julle gelukkig wees as julle dit ook doen’ (verse 13-15, 17 NLV).
Daar is sekere dinge in jou lewe wat jy eenkant moet sit om sodoende ander mense te dien en God se wil te doen. As jy geseënd wil wees, moenie aansluit by diegene wat in hul eie toesprake verheug is en wat hul eie prestasies uitbasuin nie. Sit alles waarin jy privaat roem opsy en tel die handdoek van diensbaarheid op. Moenie vir iemand anders wag om dit te doen nie. Gaan jy eerste!
Sielskos: 2 Kon 21-23; Matt 25:24-46; Ps 11; Spr 8:4-5