Plaas die ‘self’ op die altaar

2021-06-25
Josua 22:23 NLV

In die Bybel het ‘n altaar verskillende dinge verteenwoordig. Dit het offergawes aan God deur vir Hom die beste skape in jou kudde te gee, verteenwoordig. Dit het lofprysing aan God en om Hom bo alles anders in jou lewe te stel, verteenwoordig. Dit het nederigheid en jou besef van jou behoefte aan God en jou totale afhanklikheid aan Hom, verteenwoordig.

Dis egter ook moontlik om ‘n altaar ‘vir onsself’ te bou. Wanneer ons dit doen, steel ons God se regmatige plek in ons lewens en begin ons onsself eerste stel. Met ander woorde, ons bou ‘n altaar vir selfbelang, selfbevorderding, selfbehoud, selfvergroting en selfverheerliking. Dis hoekom Jesus die volgende standaard vir dissipelskap gestel het – en dis ‘n hoĆ« standaard: ‘…As julle my volgelinge wil wees, moet julle julle eie, selfsugtige ambisie prysgee, julle kruis op julle skouers neem, en agter My aan kom’ (Matteus 16:24 NLV). Jou ‘kruis’ het net een doel en dis vir die ‘self’ om daarop te sterf.

Paulus skryf: ‘Want as die sondige natuur julle lewe beheer, gaan julle die dood tegemoet. Maar as julle onder die invloed van die Gees die werke van julle sondige natuur doodmaak, sal julle werklik lewe’ (Romeine 8:13 NLV). Jou vlees, of jou ego en sondige natuur, sal nie net omrol en doodgaan nie; dit moet elke dag doodgemaak word.

Jy kan slegs toegang tot die krag om dit te doen kry, deur tyd in gebed met God deur te bring en jou gedagtes aanhoudend met die Woord van God te vernuwe. Die keuse is dus vandag joune; om ‘n altaar vir die Here te bou, moet jy eers die ‘self’ op die altaar plaas. Is jy gereed om dit te doen?

Sielskos: Jer 14-17; Luk 2:34-40; Ps 21; Spr 14:17-20