Opoffering en vereenvoudiging
2023-09-10Deuteronomium 6:7 NLV
Dr Armand Nicholi, ‘n psigiater verbonde aan Harvard Universiteit, is uitgenooi om by ‘n konferensie by die Withuis oor die stand van die Amerikaanse gesin te praat. Hy het verduidelik hoe ‘n besige leefstyl wat ouers ontoeganklik vir hul kinders maak, ‘n soortgelyke effek as egskeiding self veroorsaak. Kruiskulturele studies wys dat ouers in Amerika minder tyd saam met hul kinders as ouers in byna enige ander nasie in die wêreld, bestee.
Generasies lank het vaders hulself eksklusief aan hulle beroepe toegewy. Vandag het moeders egter by die werksmag aangesluit, wat hulle uitgeput na die werksdag en belas met huishoudelike take oor naweke, laat. Gevolglik is niemand by die huis om aan die behoeftes van eensame kleuters en skoolgaande kinders te voldoen nie.
Nicholi beklemtoon die onmiskenbare verband tussen die onderbreking van die ouer-kind verhouding en die toename van psigiatriese probleme wat deesdae te voorskyn kom. ‘As hierdie neiging voortduur,’ het hy gesê, ‘is ernstige nasionale gesondheidsprobleme onvermydelik.’ Jaar na jaar sien ons al hoe meer kinders wat aan depressie, angsversteurings en paniekaanvalle ly. Hierdie syfer sal aanhou groei soos die tempo van egskeiding, kinderverwaarlosing, kindermishandeling en kindermolestering aanhou styg.
Jy vra: ‘Wat is dan die antwoord?’ Opoffering en vereenvoudiging! Selfs al beteken dit dat jy sekere materiële dinge moet opoffer en jou lewe moet vereenvoudig, sorg dat jy tyd saam met jou kinders deurbring! God het vir die Israeliete gesê: ‘Herhaal hierdie woorde oor en oor vir julle kinders. Praat daaroor by die huis…’
Sielskos: Gen 6:9-8:4; Matt 24:37-51