Op wie kan jy staat maak?

2023-06-29
Filippense 2:22 NLV

God sal getrou wees teenoor jou, maak nie saak wat gebeur nie. Op wie kan jy egter, menslik gesproke, ook staat maak? Paulus skryf: ‘Al die ander soek net hulle eie belang en nie dit wat vir Jesus Christus saak maak nie. Julle weet egter hoe Timoteus homself bewys het. Soos ‘n seun sy pa help, het hy saam met my gewerk om die Goeie Nuus uit te dra’ (verse 21-22 NLV). Paulus het geweet dat hy op Timoteus kon staat maak. Op wie kan jy staat maak? Voor jy antwoord, oorweeg die volgende vier vrae:

1) Wanneer iets verkeerd gaan, het jy ten minste een vriend met wie jy maklik daaroor kan praat? ‘Op ‘n vriend se lojaliteit kan jy altyd reken. Jou broer is gebore om jou te help wanneer daar probleme is’ (Spreuke 17:17 NLV). Mens kan nie ‘n prys op so ‘n verhouding plaas nie.

2) Wie in jou lewe kan jou grootste vrese en versoekings korrek opnoem? ‘Twee is beter as een. Saam bereik hulle meer. As een mens val, kan sy vriend hom optel. Maar as een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie… En as iemand die een aanval, sal die twee weerstand bied. ‘n Driedubbele tou breek nie maklik nie’ (Prediker 4:9-10, 12 NLV).

3) Het jy een of meer vriende wat jy gereeld ontmoet? ‘Die mense wat die Here dien, het toe met mekaar gepraat. Die Here het na hulle geluister en gehoor wat hulle sĂȘ. Hulle het ‘n gedenkboek in sy teenwoordigheid geskryf…’ (Maleagi 3:16 NLV).

4) Het jy ‘n vriend wat jy goed genoeg ken om met jou geheime te vertrou? “‘n Geskinder lap geheime uit; betroubare mense bewaar geheime” (Spreuke 11:13 NLV).

Sielskos: Jer 7-9; Matt 22:23-33; Ps 59:9-17; Spr 14:23-24