Oordraagbare vryspraak

2020-07-28
Romeine 4:23-24 ABA

Dink aan fondse wat van een rekening na ‘n ander oorgedra word. Banke doen dit elke dag. Verbeel jouself jy is haweloos en kan nie jou skuld betaal nie. Dan, in ‘n wonderbaarlike daad van genade, neem iemand al jou skuld oor en dra terselftertyd ‘n massiewe bedrag geld na jou rekening oor sodat jy nooit weer hoef te werk nie. Dis wat by die kruis gebeur het toe God al jou sondes na Christus se rekening oorgedra het; en al sy regverdigheid na jou rekening oorgedra het. Verbysterend, is dit nie? Sal jy sê: ‘Ek kan nie toelaat dat U al hierdie skuld alleen afbetaal nie, dus sal ek werk om te bewys dat ek u genade waardig is’? Dis wat ons doen wanneer ons ons goeie werke by Christus se voltooide werk ‘aanlas.’ Paulus skryf: ‘God het Hom wat nie sonde geken het nie, sonde gemaak ter wille van ons sodat ons, op grond van ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan word’ (2 Korintiërs 5:21 NLV). ‘Maar ek voel so skuldig wanneer ek sondig.’ Jy is veronderstel om skuldig te voel! Toe Christus egter jou sonde weggeneem het, het Hy ook jou skuld weggeneem. Wat voel jy dus? Innerlike konflik! Jou nuwe gees sê vir jou dat jy nie aan sonde kan toegee nie; dis nie meer wie jy is nie! Hoekom het God dit op hierdie manier gedoen? Omdat enige geregtigheid wat ons op ons eie houtjie kon verdien, ver tekort skiet van wat Hy vereis. Verbly jouself – vandag sien God jou as geklee in die geregtigheid van Christus, daarom sal jy altyd deur Hom aanvaar en liefgehê word.

Sielskos: Hand 22-23; Luk 9:57-62; Ps 78:1-8; Spr 16:23-24