‘n Woord vir enkelouers

2020-04-06
Psalm 113:9 NLV

Dink jouself in aan die angs waardeur ‘n enkelouer gaan wanneer hulle deur ‘n hofbevel gedwing word om hulle kinders, alleen, op ‘n vliegtuig te sit vir ‘n uitgebreide besoek aan die ander ouer. Ja, dis nodig en dis regverdig, maar dit kan pynlik wees. Een enkelma beskryf haar gevoelens as volg: ‘Ek staan in die lughawe en kyk hoe die kinders se vliegtuig in die wolke verdwyn. Ek voel ‘n verskriklike gevoel van verlies. Die eensaamheid skop dadelik in, ek bekommer my oor hulle veiligheid, maar ek weerstaan die versoeking om hulle elke uur te bel om te hoor hoe dit met hulle gaan. Wanneer hulle my bel om my te vertel hoeveel pret hulle het, rou ek oor die feit dat hulle ‘n lewe heeltemal apart van my eie het. My enigste troos is die wete dat hulle binnekort weer huis toe kom. Die vrees dat hulle nie na my toe sal wil huis toe kom nie, spook egter gedurig by my.’ Vir die enkelouer wat met hierdie enkelma identifiseer, is daar ‘n manier om deur die pynlike dae wat jy moet wag, te kom. In plaas daarvan om hierdie tyd alleen as ‘n periode van isolasie en ontneming te sien, sien dit as ‘n geleentheid om jou batterye te herlaai en jou gees te vernuwe. Spandeer tyd saam met vriende. Lees jou Bybel en bid. Begin weer met die stokperdjie wat jy eenkant gesit het. Vul jou dae met die dinge wat onmoontlik is om te midde van die verantwoordelikheid van kinders grootmaak te doen en besef dat dit tot voordeel van jou kinders is. Hulle sal na ‘n energieke ouer, in plaas van ene wat weke lank depressief was, huis toe kom. God sĂȘ: ‘My genade is vir jou genoeg.’ Put vandag krag uit sy genade.

Sielskos: Lev 1-4; Matt 27:11-26; Ps 25:1-7; Spr 9:17