Mense met ‘n verlede (3)

2022-03-16
Lukas 13:12 NLV

Hierdie vrou het godsdiens probeer, maar dit kon haar nie help nie. Sy het dokters probeer, maar hulle kon haar nie genees nie. Die mense rondom haar het gedink dat haar probleem nooit opgelos sou word nie. Sy het self so gedink! Maar nie Jesus nie. Sy belofte is: ‘Kom na My toe, julle almal wat moeg is en swaar laste moet dra, en Ek sal julle lewens verkwik’ (Matteus 11:28 NLV).

Maak nie saak hoe moeilik die lewe lyk nie, verligting is net ‘n gebed weg. Ongeag die struikelblokke wat in jou pad staan, reik uit na Jesus toe. Jy mag dalk tans ‘n buite-egtelike kind in jou arms hĂȘ, maar hou aan deurdruk na Hom toe. Jy mag dalk mishandel en gemolesteer wees en kan vir niemand daarvan vertel nie, maar moenie ophou om na Hom uit te reik nie.

Jy hoef nie vir almal jou hele verlede te vertel nie. Weet net dat Jesus jou roep. Hy ken jou verlede en Hy roep jou in elk geval. Hy sien jou nie soos jy is nie, maar soos jy sal wees wanneer sy genade in jou lewe gewerk het. Maria Magdalena mag dalk ‘n prostituut gewees het voor sy Jesus ontmoet het, maar sy het een van sy naaste dissipels geword. Matteus, wat die eerste boek van die Nuwe Testament geskryf het, was ‘n veragte tollenaar wat vir die Romeine gewerk het toe hy Jesus ontmoet het.

Jesus ondersoek nie jou verlede om te besluit wat Hy met jou toekomstige self gaan doen nie. Saul van Tarsus, die moordenaar van Christene, het Paulus die Apostel geword, die skrywer van helfte van die Nuwe Testament. Die goeie nuus is wanneer Jesus jou red, het jy nie langer ‘n verlede nie. Jy het slegs ‘n toekoms.

Sielskos: 2 Tess 1-3; Luk 17:11-19; Ps 115; Spr 8:1-3