Kersfees gaan oor Christus
2020-12-25Matteus 2:11 NLV
Hy is in die nederigste omstandighede gebore, tog was die hemel bo Hom gevul met engelliedere. Sy geboorteplek was ‘n stal, tog het die ster die rykes en edeles van duisende myle ver af gebring om Hom te aanbid. Sy geboorte was teenoorgesteld van die wette van die lewe en sy dood was teenoorgesteld van die wette van die dood, en tog is daar geen wonderwerk groter as sy geboorte, sy lewe, sy dood, sy opstanding en sy lesse nie. Hy het nie landerye of vissersbote gehad nie, tog het Hy die tafel vir meer as 5,000 mense gedek, met meer as genoeg brood en vis. Hy het nooit op duur tapyte gestaan nie, tog het Hy op die see geloop.
Sy kruisiging was die grootste misdaad van alle tye, tog was dit uit God se perspektief die enigste prys wat ons verlossing moontlik kon maak. Toe Hy gesterf het, het min oor Hom gerou, maar tog het God ‘n duisternis oor die son laat hang. Diegene wat Hom gekruisig het, het nie gesidder oor wat hulle gedoen het nie en tog het die aarde onder hulle geskud. Sonde kon hom nie raak nie. Ontbinding kon nie sy liggaam beetkry nie. Die grond wat rooi geword het van sy bloed, kon nie sy stof eis nie. Vir meer as drie jaar het Hy die evangelie gepreek. Hy het geen boek geskryf nie, Hy het geen hoofkantore gehad nie en Hy het geen organisasie gebou nie.
Tog is Hy tweeduisend jaar later ‘n sentrale figuur in menslike geskiedenis, die ewige tema van alle preke, die spil waarom alle eeue draai, die enigste Verlosser van die menslike geslag. Kom ons sluit hierdie seisoen van feesviering by die wyse manne aan wat voor Hom neergeval en Hom aanbid het. Kom ons onthou: Kersfees gaan oor Christus!
Sielskos: Jes 9:1-7; Matt 1:18-25; Miga 5:2-5a; Jes 7:14