Jy moet met genade reageer
2021-04-132 Petrus 3:18 AFR83
Hoe hanteer ons die seer wat in die verlede in ons verhoudings plaasgevind het? Hoe kombineer twee mense aparte en unieke perspektiewe om ‘n bevredigende en liefdevolle verhouding te skep?
Daar is ‘n baie spesiale bestanddeel genaamd ‘genade’ wat by die mengsel bygevoeg moet word. Dit vereis dat jy aan die ander persoon dieselfde genade bewys as wat God aan jou bewys. Dit gee krag aan diegene wat sukkel om funksioneel in areas te wees waar hulle in die verlede disfunksioneel was. Genade herstel die hart en los die probleme van ‘n gefolterde gees op. Dit is liefdevolle barmhartigheid en vergifnis. Dis die Guns van God.
Soos Hy dit aan ons skenk, moet ons dit ook aan ander gee wat ons medelye en liefde nodig het. Ons is almal in sekere areas gebroke en ons moet leer om dit te aanvaar en ander te help om die gebrokenheid in hulle te herstel.
Petrus het nie geglo dat hy in staat was om sy Here te verraai nie. Hy het gesweer dat hy dit nooit sou doen nie. Jesus het dit egter nie net voorspel nie, maar ook beloof om vir Hom te bid totdat hy ten volle tot inkeer gekom het (sien Lukas 22:32).
Ons word ook geroep om dit te doen; om aan ander onvolmaakte mense dieselfde liefde en genade te bewys as wat aan ons bewys is. Paulus het aan die mense in Tessalonika geskryf: ‘Liewe broers en susters, dit is gepas dat ons altyd vir God dankie sĂȘ vir julle, want julle geloof hou net aan groei en julle almal se liefde vir mekaar word net groter!’ (2 Tessalonisense 1:3 NLV). Dan voeg Petrus by: ‘Sorg daarenteen dat julle steeds toeneem in die genade…’ Dis ‘n proses, dus moet jy daaraan werk!
Sielskos: Lev 23:26-25:55; Mark 1:35-39; Ps 50:16-23; Spr 10:4-7