Jy ‘moet’ jouself liefhê
2020-12-27Matteus 22:39 NLV
Wanneer God jou red, posisioneer Hy jou ‘in Christus.’ Van daardie oomblik af, sien Hy jou as geregtig. Jy is ‘…. vrygespreek, nie omdat [jy] die wet onderhou nie, maar omdat [jy] in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat ‘n mens in Hom glo’ (Filippense 3:9 AFR83).
Toe jy groot geword het, mag jou ouers jou dalk die indruk gegee het dat as jy goed genoeg was, hulle vir jou sou lief wees en jou sou aanvaar. Gevolglik dink jy dat God dieselfde oor jou voel. Hy doen egter nie. Jy kan inderwaarheid nooit goed genoeg wees om God se liefde te verdien nie, daarom klee Hy jou in Christus se geregtigheid en sê: ‘Ek is onvoorwaardelik lief vir jou, ten spyte van al jou foute.’
As God lief is vir jou, dan is jy waardig om liefgehê te word, nie waar nie? Dit beteken dat jy jouself kan liefhê! As jy met onsekerheid, skuldgevoelens, selftwyfel en selfweersin stoei, sal dit uiteindelik in jou verhoudings manifesteer.
Die Switserse sielkundige Paul Tournier het gesê: ‘As ‘n persoon vir God lief is soos hy veronderstel is om te wees, sal hy ander mense liefhê soos hy veronderstel is om te doen. En wanneer hy vir God en ander mense lief is soos hy veronderstel is om te wees, sal hy nooit ‘n sielkundige nodig hê nie.’
God se liefde gee vir jou ‘n geestelike beeld van jouself wat jou in staat stel en bekragtig om liefde te gee en liefde van ander mense te ontvang. Die waarheid is dat Christus steeds vir jou sou gesterf het, selfs al was jy die die enigste sondaar wat ooit gelewe het. Wanneer jy dit waarlik besef, sal jy begin om vir jouself lief te wees en begin om die volheid van jou Godgegewe potensiaal, te ontwikkel.
Sielskos: Ps 103:8-18; Joh 3:16-18; Hand 2:38-41