Jy kan jou lewe oor begin

2021-01-17
Spreuke 23:7 AFR53

Dit was ‘n lang, harde pad wat die Chandler familie uit die katoenvelde en uit armoede in Mississippi moes stap. Al nege van die kinders kon die bywonershuisie waarin hulle moes bly en dat hulle nie genoeg gehad het om te eet nie, onthou. Vandag het al nege kinders egter universiteitsgrade agter hulle name!

Hier is hulle inspirerende verhaal: Hulle ouers het twee dollars geleen om ‘n buskaartjie vir hulle seun Cleveland te koop, wat uiteindelik die voorsitter van die departement van ekonomie aan Howard Universiteit geword het. Luther het die Universiteit van Omaha bygewoon en die bestuurder van publieke werke vir Kansas City geword. Hy het sy broer James gehelp om Omaha toe te kom en toe van daar af hom gehelp om werk by Yale Universiteit te kry. James het op sy beurt weer vir Herman gehelp, wat nou ‘n tegniese bestuurder in Dallas is. Donald werk in Minneapolis. Die kinders het ook hulself gehelp – deur katoen te pluk, mielies te oes en aartappels op te grawe. Fortson het die Morehouse Kollege in Atlanta bygewoon en ‘n prediker in Colorado geword. Princess het haar M.A. graad aan Indiana Universiteit behaal en ‘n onderwyseres geword. Gloria is ook ‘n onderwyseres. Bessie het ‘n M.A. graad en is ‘n dieetkundige by ‘n hospitaal. In 1984, het al die kinders bymekaar gekom en vir hulle ouers ‘n huis gekoop.

Die Bybel sĂȘ: ‘Want soos hy in sy siel bereken, so is hy…’ As jy jouself oortuig dat jy nie kan nie, of ander mense toelaat om jou daarvan te oortuig, sal jy nie kan nie. As jy egter glo dat jy deur God se genade kan, dan sal jy! As die Chandlers dit kon doen, kan jy ook. Vergeet dit wat in die verlede gebeur het! Elke dag gee God jou die keuse om jou lewe oor te begin.

Sielskos: Gen 5:22-24; Heb 11:5; 2 Kon 2:1-12; Hand 1:9-11