Jy groei in genade
2024-03-252 Petrus 3:18 NLV
Toe Petrus genoeg geloof uitgeoefen het om uit die skuit te klim en op die water te loop, het hy gesink en slegter as enige van die ander dissipels gelyk. Toe hy Jesus probeer verdedig het, het hy ‘n man se oor afgekap. Toe hy beloof het om lojaal te bly, het hy gefaal. Toe hy vir Jesus probeer raad gee het, was hy die duiwel se advokaat (sien Matteus 16:22-23). Uiteindelik het hy ‘n leier in die kerk geword. Sy gedrag het egter nie vir Jesus enigsins verras of ontmoedig nie. Hy sal nooit ophou om een van sy volgelinge wat opreg probeer groei, te help nie. Hy gee nooit op op ‘n student net omdat hy of sy misluk nie.
As jy byvoorbeeld nie mense gekonfronteer het wanneer jy moes nie, is die kans goed dat jy dit swak sal doen wanneer jy dit begin doen. As jy selde mense aangemoedig het, kan jou aanvanklike pogings lomp wees. As jy nog nooit jou geloof gedeel het nie, kan jy die eerste keer oor jou woorde struikel. Gaan voort en struikel! Mislukking gaan nie daaroor om te val nie; dit gaan daaroor om te weier om te probeer.
Een man het vir sy pastoor gesĂȘ: ‘As ek God was, sou ek my nie opgehou het met iemand soos ek nie.’ Die pastoor het geantwoord: ‘Wees dan bly dat jy nie God is nie en ek sal twee keer so bly wees – want ons altwee sou dan in die moeilikheid gewees het!’ Solank as wat jy na God soek, sal Hy met jou en in jou werk. Om in genade te groei beteken dat jy geestelik deur die fases van kind en tiener tot volwassenheid groei. Moet dus nie opgee nie – God sal nie!
Sielskos: Hos 11-14; Matt 26:57-75; Ps 13; Spr 8:14-16