Jou geheime plek

2024-03-27
Matteus 6:6 NLV

Jesus het gesê: Wanneer jy bid, gaan na die stilste vertrek in die huis en maak die deur agter jou toe sodat jy daar in jou alleenheid tot jou Vader kan bid. En jou Vader wat alles weet, sal jou beloon’ (vers 6 NLV). Die Christelike lewe kan met die tabernakel in die Ou Testament, wat in drie kompartemente verdeel was, vergelyk word. Daar was die voorhof waartoe almal toegang gehad het. Jy het ook ‘n voorhof; die plek waar jy werk, inkopies doen en speel. Dit verteenwoordig jou uitwaardse voorkoms of publieke persona; die deel van jou wat almal sien.

Die tabernakel het ook ‘n innerlike kamer genaamd die Heiligdom gehad, waar meeste mense nie toegelaat is nie. Jy het ook ‘n Heiligdom wat aangewese persone soos nabye familie en vriende mag binnegaan. Jy besluit wie mag ingaan en wie nie en niemand kan hulle weg inforseer nie. Sekere mense mag beroepsgewys of finansieel gesag oor jou hê, maar dit laat hulle nie outomaties toegang toe nie. Wanneer dit by daardie binnekamer kom, besluit jy wie kom en gaan.

Die derde kompartement in die Ou Testamentiese tabernakel was die Allerheiligste, ‘n klein, versigtig bewaakte plek diep aan die binnekant. Dit kon net deur die Hoëpriester binnegegaan word en daar was net plek vir een persoon en vir God. Jy het ook so ‘n plek binne-in jou. Ons verwys soms daarna as die ‘geheime plek,’ omdat net God daar toegelaat word. Hier is ‘n waarheid wat jy moet weet: Jou vlak van vrede, vreugde, tevredenheid, leiding en oorwinning word deur die hoeveelheid tyd wat jy met God in jou geheime plek bestee, gereguleer. Prioritiseer dit, beskerm dit en bring elke dag tyd daar deur.

Sielskos: Jer 4-6; Matt 27:11-19; Ps 55:12-23; Spr 8:19-21