Hou vas totdat jou vreugde kom

2021-02-22
Psalm 30:6 NLV

Pyn is ‘n onvermydelike deel van die lewe en van groei; ‘n voordelige deel! Stop en dink oor die voordele daarvan na:

1) Dit laat jou weet wanneer daar iets in jou liggaam is wat verkeerd is en wat reggestel moet word.

2) Dit forseer jou om te erken dat daar ‘n toestand is waarvan jy nie geweet het nie; een wat moontlik jou lewe kan neem.

3) Dit laat jou jou prioriteite en skedule herrangskik en hulp soek.

4) Dit maak jou gewillig om behandeling wat jy nie noodwendig geniet nie, te ondergaan, met die geloof dat dit jou weer heel sal maak.

Kry jy die idee? Vreemd as wat dit mag voorkom, hoe meer jy pyn vrees en teenstaan, hoe groter is die effek daarvan op jou. Dit wat ons teenstaan, duur voort en hoe meer ons pyn teenstaan, hoe sterker word dit. Wanneer ‘n swanger vrou in kraam gaan, is die raad van haar mediese span gewoonlik om te ‘ontspan.’ Hulle weet dat hoe meer sy die pyn beveg, hoe sterker dit sal word en dat die bevalling dan al hoe langer sal neem. Wanneer jy dus pyn ervaar, moet dit nie beveg nie. Stap daardeur en laat dit toe om die doelwit te bereik.

Die Bybel sĂȘ: ‘…wanneer julle in allerhande beproewings beland, moet julle eintlik baie bly wees. Julle weet mos: Wanneer ‘n mens se geloof ‘n toets deurstaan, veroorsaak dit dat jy kan volhard. Julle moet egter enduit volhard. Dan sal julle julle lewensdoel bereik en geestelik gesond wees. Julle sal niks kortkom nie’ (Jakobus 1:2-4 NLV). Die woord vir jou vandag is dus – leer om hierdie seisoen van pyn te verduur, met die wete dat God jou vreugde aan die ander kant daarvan beloof het!

Sielskos: Gen 13-16; Matt 17:1-13; Ps 40:1-8; Spr 6:1-5