Hou op streef!

2019-02-10
Psalm 75:8 ABA

As jy nie jou waarde in jou verhouding met God kry nie, sal jy in die versoeking kom om jou lewe te spandeer om jouself te probeer bevorder. Dit sal jou onseker – en gevaarlik – maak. Hoekom? Omdat jy haatdraend sal word wanneer ander mense bo jou bevorder word; jy mag dalk selfs probeer om hulle af te breek. In God se koninkryk bereik jy nie sukses op jou eie nie, jy ontvang dit van God. ‘Maar God is die regter wat verneder of verhef’ (Psalm 75:8 NLV). Terwyl Dawid se broers daarna gestreef het om Israel se volgende koning te word, het Dawid net aangehou om sy skape op te pas en die werk te doen wat God hom gegee het. Laat die ander mense kompeteer en vergelyk! Bly jy net getrou aan die werk wat God jou gegee het om te doen – en wanneer die tyd reg is, sal Hy kom en jou kry! Jesus het gesĂȘ, ‘…my juk sal saggies op julle skouers rus en my las is lig om te dra’ (Matteus 11:30 NLV). Wanneer jy jouself probeer bevorder, sal jy moet sweet, swoeg en sukkel, maar wanneer jy op God vertrou en dinge op sy manier doen, sal dit maklik kom. Dit beteken nie dat jy nie sal moet hard werk en opofferigs maak om sukses te behaal nie. Wanneer God ‘…’n geopende deur voor jou gee…’ (Openbaring 3:8 NLV), is Hy die enigste een wat dit weer kan toemaak. Hy sal dit egter nie doen nie tensy jy, soos koning Saul, rebels of haatdraend word of weier om tot bekering te kom. Wanneer jy weet dat God in beheer is, neem dit die druk daarvan af om Hom te dien. As jy daaroor nadink – is dit die enigste manier hoe om te lewe.

Sielskos: Jes 53:1-12; Hand 8:26-40