Hoor die ‘sagte fluistering’
2023-09-061 Konings 19:12-13 NLV
Toe Isebel Elia se lewe bedreig het, het hy na ‘n grot toe gevlug. Dis toe God vir hom gesê het: “‘Kom buitekant toe en gaan staan voor My op die berg,’ sê die Here vir hom. Terwyl Elia daar staan, het die Here by hom verbygegaan en ‘n geweldige rukwind het die berg uitmekaargeruk en die rotse gebreek voor die Here. Tog was die Here nie in die wind nie. Na die wind was daar ‘n aardbewing, maar die Here was nie in die aardbewing nie. Na die aardbewing was daar ‘n vuur, maar die Here was nie in die vuur nie. Na die vuur was daar die geluid van ‘n sagte fluistering. Toe Elia dit hoor, het hy sy gesig met sy mantel toegemaak…” (verse 11-13 NLV).
God kan enige plek, enige tyd, deur enigiemand, in enige situasie, met jou praat. Hy sal egter dikwels sy grootste insigte met jou deel wanneer jy alleen by Hom is. Om God se ‘sagte fluistering’ te kan hoor, moet twee dinge gebeur:
1) Jy moet stilte hê en afgesonder wees. Dit beteken dat jy alles anders moet uitsluit en op God moet fokus. Nie almal sal dit verstaan of waardeer nie, maar jy moet dit doen as jy van Hom wil hoor.
2) Jy moet naby aan Hom kom. Die gemiddelde persoon kry deesdae daagliks vyftig tot eenhonderd teksboodskappe en eposse. So lank as wat jy gewillig is om te stop en na ander te luister, maar nie na God nie, sal jou probleme nie opgelos word nie en jou situasie sal nie verander nie. Die liedjieskrywer Everett W. Sugg stel dit so: ‘Shut in with God in a secret place, There in the Spirit beholding His face, Gaining more power to run in this race, oh I long to be shut in with God.’
Sielskos: Eseg 10-13; Mark 10:35-52; Ps 20; Spr 19:24-29