Hoe om op koers te bly

2021-07-07
Psalm 119:11 NLV

Senator Bill Nelson het op ‘n ses-dag ruimtetuigmissie aanboord die Columbia, net voor die Challenger ramp, gevlieg. In sy boek, Mission, verduidelik hy hoe moeilik dit is om ‘n behoorlike wentelbaan in die ruimte te handhaaf. Daar is geen weerstand in die ruimte nie, dus kan ‘n ruimtevaarder daardie groot wentelbaan letterlik self omkeer. Om in die regte wentelbaan te bly, maak die rekenaars aanboord voortdurend koers- en hoogteregstellings deur klein vuurpyle af te vuur wat klein aanpassings maak, terwyl groter vuurpyle brandstof verbrand om groot aanpassings te maak. Hierdie vuurpyle is van kritieke belang, want as hulle nie konsekwent op die regte tyd afgevuur word nie, kan die ruimtetuig uit sy wentelbaan beweeg en in die buitenste ruim rondtuimel of in die aarde se atmosfeer neerstort.

Daar is ‘n belangrike les hieruit te leer. As ons aan onsself oorgelaat word, is ons geneig om uit ons geestelike wentelbaan na louheid en onverskilligheid te tuimel. Of nog erger – ons eindig in sonde en rebellie op. Dis hoekom die vuurpyle van geloof en Bybelstudie, wat op ‘n aanhoudende en konsekwente basis ‘afgevuur’ word, ons help om op koers te bly en ons lewens keer om uit geestelike beheer te tuimel.

Bybelstudie en gebed gaan hand aan hand. Jy moet bid voor jy die Bybel lees om God te vra om jou te help om dit te verstaan. Jy moet ook na jy Bybel gelees het bid, om God te vra om jou te help om dit wat Hy vir jou gesĂȘ het, toe te pas. Soos met ‘n geliefde wat ver is, is die Bybel God se liefdesbrief aan jou en gebed is die telefoon wat jy optel en met Hom praat. Dis hoekom dit noodsaaklik is om jou daaglikse gebed en Bybelstudie te handhaaf.

Sielskos: Jer 49-50; Luk 5:27-39; Ps 122; Spr 15:10-14