Hoe om meningsverskille te hanteer (1)

2021-06-23
Handelinge 15:37-38 NLV

Paulus en Barnabas was ‘n wonderlike sendelingspan. Op hulle eerste reis, het ‘n jong man genaamd Markus by hulle aangesluit. Dit blyk egter dat hy later na sy huis terugverlang het en na Jerusalem teruggekeer het. Op hulle tweede sendingsreis, wou Barnabas weer vir Markus saamneem, maar Paulus het nee gesĂȘ. ‘Daar het toe kwade gevoelens tussen hulle ontstaan, en hulle het elkeen sy eie koers gegaan. Barnabas het vir Markus gevat… Paulus het Silas gekies…’ (verse 39-40 NLV). Kan jy jou dit indink; twee geestelike reuse wat nie hulle konflik kon oplos nie! Ja, dit gebeur in die beste sirkels.

Paulus was totaal gefokus en het nie nonsens verdra nie. Barnabas, wie se naam ‘seun van bemoediging’ beteken het, was die liefdevolle tipe wat in versoening geglo het. Daar is twee belangrike lesse in hierdie verhaal oor hoe om meningsverskille te hanteer, te leer.

1) Wanneer dit by ons vriende en familielede kom, het ons blinde kolle. Dit gebeur selde dat ‘n leier die objektiwiteit het om verby ‘n band van bloed te kyk en te fokus op wat die beste vir die organisasie is. Gevolglik ondermyn dit dikwels die visie wat God hulle gegee het.

2) Soms het jy ‘n wyse en betroubare derde party nodig om te help om die probleem op te los. Wanneer dit by moeilikheid in die kerk kom, het Jesus duidelike riglyne daargestel. Eerstens moet jy privaat, in ‘n een-tot-een gesprek, die kwessie probeer oplos. Tweedens, as dit nie werk nie, moet jy een of twee ander saam met jou neem om dit te probeer oplos. Derdens, moet jy die situasie na volwasse, geestelike leiers neem en hulle insette daarop kry (sien Matteus 18:15-18). Dis die Skriftuurlike manier om meningsverskille te hanteer, en dit moet ook ons manier wees.

Sielskos: Jer 7-9; Luk 2:8-20; Ps 8; Spr 14:9-12