Hoe om in God se seën te wandel (2)
2021-03-29Johannes 15:3 NLV
Jou nuwe natuur is geprogrammeer om God te wil gehoorsaam, op dieselfde manier soos ‘n sakrekenaar geprogrammeer is om syfers te bereken. Wanneer jy die regte informasie insit, kry jy die regte antwoord. Wanneer jy jou nuwe natuur met God se Woord voed, is dit ontwerp om jou die regte antwoord te gee. Dis hoekom Satan jou so besig met ander dinge probeer hou, dat jy nie tyd bestee om jou Bybel te lees nie. Paulus skryf: ‘Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here… Ons word al meer verander om soos die Here te lyk…’ (2 Korintiërs 3:18 NLV).
‘n Spieël is net ‘n reflekteerder. Hoe meer tyd jy met God se Woord deurbring, hoe meer begin jy sy beeld reflekteer. Dit sal egter nie gebeur deur hier en daar ‘n vers te gryp of om deur ‘n hoofstuk te blaai nie. Nee, jy moet jou gedagtes elke dag met God se Woord vernuwe, tot so ‘n mate dat die Heilige Gees met jou gees konnekteer en ‘n Christelike lewenstyl produseer.
Jesus het gesê: ‘Julle is reeds skoon gesnoei deur die boodskap wat Ek met julle gedeel het. Julle moet aan My verbonde bly soos Ek aan julle. ‘n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as dit nie aan die druiwestok verbind bly nie, en só julle ook nie as julle nie voluit aan My verbonde bly nie’ (Johannes 15:3-4 NLV).
Wanneer kos op ‘n bord uitdroog, moet die bord eers in warm seepwater geweek word voor al die gemors daarop verwyder kan word. Dis hoekom jy jou gedagtes in God se Woord moet week. Dit verwyder nie net al die aaklige sonde nie, maar ook geharde, hardnekkige houdings wat jou daarvan weerhou om in genade te groei.
Sielskos: Est 1-4; Matt 25:41-46; Ps 69:19-36; Spr 8:30-31