Het jy ‘n plan vir jou lewe?
2020-04-15Spreuke 21:5 NLV
Sonder ‘n plan vir jou lewe, ‘gebeur’ die lewe net met jou. Sommige van ons beplan ons lewens een dag op ‘n slag. Ons word wakker, maak ons lysie van take en spring aan die werk. Sommige van ons beplan selfs ons lewens een week op ‘n slag. Ons bestudeer die kalender vir die week, hersien ons afsprake, dink aan ons doelwitte en neem dan aksie. Een leierskapskundige skryf: ‘Aan die begin van die maand, spandeer ek ‘n halwe dag om net aan my kalender vir die volgende veertig dae te werk. Veertig dae werk vir my beter as net dertig dae. Sodoende kan ek reeds ‘n voorsprong op die volgende maand kry en nie verras word nie. Ek begin deur na my reisskedule te kyk en beplan aktiwiteite saam met my familie. Dan kyk ek na watter projekte, lesse en ander doelwitte ek gedurende daardie vyf tot ses weke wil bereik. Ek begin dae en tye uitblok om te dink, te skryf, te werk, afsprake te maak ensovoorts. Ek sit tye eenkant vir pret, soos om ‘n toneelstuk te gaan kyk, ‘n rugbywedstryd te kyk of gholf te speel. Ek sit ook klein blokke tyd eenkant om vir die onverwagte te kompenseer. Teen die tyd wat ek klaar is, kan ek jou amper presies sĂȘ wat ek uur vir uur in die komende weke mee besig sal wees. Dis een van die redes hoekom ek dit regkry om so baie dinge te vermag.’ Die gedagte daaraan om vir veertig dae op ‘n slag te beplan mag jou dalk oorweldig, begin dus deur jou dag te beplan. Probeer dan om ‘n week, ‘n maand, ‘n jaar ensovoorts te beplan. As jy God daaroor raadpleeg, sal ‘…Hy… die regte pad vir jou wys’ (Spreuke 3:6 NLV).
Sielskos: Lev 15-17; Mark 1:9-20; Ps 56; Spr 10:8-9