Hanteer vrees (4)
2021-03-18Josua 3:13 ABA
Om die Beloofde Land binne te gaan, moes die Israeliete die Jordaanrivier, wat in vloed was, oorsteek. Was hulle bang? Sou jy nie ook gewees het nie? Nietemin, die enigste manier om hulle bestemming te bereik was om die presiese aksie te neem wat hulle gevrees het!
Wanneer jy vrees ‘n houvas gee, word jy meer vol vrees en skep jy op die ou einde ‘n aftakelende siklus wat as volg werk: Vrees veroorsaak ‘n gebrek aan aksie. ‘n Gebrek aan aksie veroorsaak ‘n gebrek aan ervaring. ‘n Gebrek aan ervaring veroorsaak onkunde. En onkunde veroorsaak vrees. Dit maak jou bang om die presiese aksie te neem wat vir jou tot voordeel sal wees. Om aksie te neem beteken dat jy in die onbekende en onbeproefde moet inbeweeg – wat vreesaanjaend kan wees.
As jy egter tot jou vrese toegee, sal jy nie vorentoe beweeg nie. Jy sal nie die voordeel van dit wat jy vermy, sowel as die ervaring wat jou lewe sal verbeter, ontvang nie. Gevolglik bly jy onkundig oor daardie area van die lewe en onkunde kweek altyd meer vrees, wat dit soveel moeiliker maak om deur te druk en dinge gedoen te kry.
Harry Truman het opgemerk: ‘Die grootste gevaar waar voor ons te staan kom, is om deur vertwyfelinge en vrese verlam te word. Hierdie gevaar word meegebring deur diegene wat geloof agterlaat en hoop minag, deur diegene wat sinisme versprei en ons probeer verblind vir ons groot kans om goed vir die mensdom te doen.’
Iemand het gesĂȘ dat vrees die donkerkamer is waar al ons negatiewe ontwikkel word. Dis rente wat jy vooruit op ‘n bedrag betaal wat jy dalk nooit mag skuld nie. Dit ondermyn ook geloof – in jouself, in ander mense en in God.
Sielskos: Job 18-20; Matt 24:1-14; Ps 116:1-11; Spr 8:8-9