Hanteer vrees (2)
2021-03-16Genesis 3:10 NLV
Ons dink dat suksesvolle mense van vrees gevrywaar is. Niks kan egter verder van die waarheid af wees nie. Elke generasie in die geskiedenis het vrees ervaar. Die eerste mens wat God geskep het, was Adam en die eerste aangetekende woorde van Adam is as volg: ‘…Ek het U hoor aankom en kruip nou weg. Ek was bang omdat ek sonder klere is.’
Vrees is geneties; dis deel van die menslike natuur. Studies bevestig dat ons sewe grootste areas van vrees die volgende is: 1) finansies, 2) gesondheid, 3) kommer oor ons loopbane, 4) ouerskap, 5) familieverhoudings, 6) die bereiking van persoonlike doelwitte, en 7) die dood. Is jy in enige van hierdie areas angstig of vol vrees? Vrees kan ‘n vernietigende krag in jou lewe wees.
Een van die ou Engelse woorde vir vrees beteken ‘skielike aanval.’ Dit stem ooreen met ‘n ou Duitse woord vir vrees wat ‘hinderlaag of lokval’ beteken. Dis wat vrees doen; dit val ons aan en hou ons gevange.
Wat is dus die antwoord? Geloof in God! Vrees verswak, maar geloof versterk. Vrees neem gevange, maar geloof maak vry. Vrees verlam, maar geloof bemagtig. Vrees stel teleur, maar geloof bemoedig. Vrees maak siek, maar geloof genees. Daar word gesĂȘ dat die woorde ‘moenie bang wees nie,’ 366 verskillende kere in die Skrif aangeteken is. As dit die geval is, het God vir ons ‘n ‘moenie bang wees nie’ vir elke dag van die jaar gegee – en een vir ‘n skrikkeljaar! Hier is een van die Skrifgedeeltes: ‘…Moenie bang wees nie, want Ek het jou verlos. Ek het jou by jou naam geroep, jy is Myne’ (Jesaja 43:1 NLV).
Vandag is God by jou en Hy belowe om jou in elke situasie waar voor jy te staan kom, te versterk en te lei.
Sielskos: Job 11-14; Matt 23:13-22; Ps 11; Spr 8:4-5