Goeie reaksies
2017-08-151 Tessalonisense 5:15 NLV
Iemand het eenkeer gesĂȘ, ‘As ‘n hammer die enigste stuk gereedskap is wat jy het, neig jy om elke probleem as ‘n spyker te sien.’ As gevolg van ons sterk persoonlikhede, is sommige van ons geneig om ‘n hammer te gebruik wanneer ‘n sagter benadering die werk beter sou doen. As dit jou probleem is, onthou die volgende: 1) Humeur. Wanneer jy ontsteld is, is jy geneig om ‘n berg van ‘n molshoop te maak. Onthou egter, wanneer die reaksie erger as die aksie is, word die probleem gewoonlik groter. Wanneer die reaksie egter minder as die aksie is, word die probleem gewoonlik kleiner. 2) Tydsberekening. As jy nie ‘n beseerde persoon gou genoeg by die hospitaal kry nie, kan hulle hul lewe verloor. As jy ook nie verskoning vra wanneer jy verkeerd teenoor iemand opgetree het nie, kan die verhouding verlore gaan. Om te weet wanneer om op te tree – en wanneer om niks te doen nie – is net so belangrik as om die regte aksie te neem. 3) Die geheelprent. ‘n Man het by ‘n restaurant ingestap en vir die kelner gesĂȘ, ‘Het jy iets wat ‘n mens kan laat ophou hik?’ Die kelner het die man deur die gesig geklap. ‘Wat is jou probleem?’ het die man uitgeroep. Die kelner het geglimlag, ‘Wel, jy hik nie meer nie, doen jy?’ Die man het geantwoord, ‘Dis nie ek wat hik nie. Ek wou iets vir my vrou gehad het. Sy wag buite in die kar!’ Is jy geneig om verkeerde aannames te maak? Neem tyd om seker te maak dat jy die situasie reg verstaan en jy sal meer geneig wees om op ‘n gepaste manier te reageer.
Sielskos: 1 Kron 26:20-29:30; Mark 5:11-20; Ps 119:73-80; Spr 21:14-16