God sal jou nooit verlaat nie

2021-09-13
2 Timoteus 4:16-17 NLV

Dit maak baie seer as iemand vir wie jy lief is sterf, jou skei, of jou verlaat. Selfs Paulus was nie daarvan vrygestel nie. Hier is van sy laaste woorde aan Timoteus: ‘Kom asseblief so gou jy kan. Demas het my verlaat… Net Lukas is by my. Bring Markus saam met jou wanneer jy kom, want hy kan my behulpsaam wees… Aleksander die kopersmid het my baie skade aangedoen… Toe ek die eerste keer voor die regter gebring is, was daar niemand by my nie. Almal het my verlaat… Maar die Here het my bygestaan en my krag gegee… En Hy het my van ‘n gewisse dood gered. Ja, en die Here sal my verlos van enige aanval en my veilig in sy hemelse koninkryk bring…’ (verse 9-18 NLV).

Die feit is dat jy sonder ander mense kan oorleef, maar jy kan nie sonder God oorleef nie. Dis hoekom Hy dinge wegneem wat ons afhanklik van ander mense maak. Hy stuur sekere individue in jou lewe in om jou te help om jou geloof te bou en jou karakter te ontwikkel en wanneer hulle weg is, om jou met die versekering te laat dat God in beheer is.

Die verlies van mense vir wie jy lief is: 1) ontwikkel jou geestelike spiere; 2) toets jou veerkragtigheid; 3) wys jou die omvang van God se krag. Toe Moses gesterf het en Josua beheer moes neem, het God vir hom gesĂȘ: ‘…Soos wat Ek by Moses was, so sal Ek ook saam met jou wees…’ (Josua 1:5 NLV). Dis iets wat Josua nooit sou gehad het terwyl Moses nog in die prentjie was nie. Dis ook ‘n les wat jy nie kan leer terwyl jy nog na iemand anders vir antwoorde kyk nie. Draai dus vandag na die Here toe.

Sielskos: Eseg 43-45; Luk 21:12-24; Ps 78:32-39; Spr 20:20-21