God roep jou vandag (2)
2023-06-04Jeremia 1:5 NLV
Vandag moet jy twee dinge weet: God mors nie enigiets wat Hy geskep het nie en Hy mors nie enigiets wat Hy kan gebruik nie. Voor jy gered is, het God toegelaat dat beide goeie en slegte ervarings jou toerus vir dit wat Hy vir jou in gedagte het. Dit sluit in wie jou ouers is, die plekke waarvandaan hulle gekom het, waar jy skool gegaan het, die beroepe wat jy al gehad het en die opleiding wat jy al ontvang het. Dit sluit ook dinge in wat al by jou geboorte in jou geplaas is, selfs al het dit voorgekom of van daardie dinge teen jou gewerk het soos jy ouer geword het.
Byt jy soos ‘n veghond aan ‘n idee vas? God kan dit gebruik. Hou jy daarvan om deur boeke te blaai en navorsing te doen? God kan dit gebruik. Is jy vinnig om in ‘n konfrontasie met vyande betrokke te raak? God kan dit gebruik. Jy mag dalk vandag voel dat jy op die verkeerde plek is en die verkeerde dinge saam met die verkeerde mense doen. Jy mag dalk wonder hoe jy jouself uit hierdie gat gaan kry en jou lewe gaan omdraai.
Die waarheid is dat jy dit dalk nie kan doen nie, maar God kan! Hy maak wonderwerke uit foute uit. Gee dus vir Hom die dinge in jou lewe wat nie so goed is nie, die dinge waaroor jy nie trots is nie en sĂȘ: ‘Here, hier is hulle. Ek wens my lewe was anders, maar dit is nie. Ek wens ek kon dit verander, maar ek kan nie.’ Laat God dan toe om aan die werk te spring.
Sielskos: Joh 5:1-15; Jes 54:9-17