Geseënd by die werk

2018-04-30
Deuteronomium 28:8 NLV

Elke roeping, maak nie saak wat dit is nie, is ‘n roeping van God. Sodra jy jou werk in hierdie lig begin sien, sal jy dit makliker vind om te glo dat God jou in jou werk wil seën. Met dit in gedagte, moet jy: 1) Werk nastreef wat met jou gawes versoenbaar is. ‘…Het jy die gawe ontvang om ander te dien? Doen dit met die krag en energie wat Gód gee. Só moet God verheerlik word…’ (1 Petrus 4:11 NLV) 2) Leer alles moontlik oor jou werk. ‘Selfs hulle wat wys is, kan luister… sodat hulle tot dieper insig kan kom…’ (Spreuke 1:5 NLV). 3) Herken God as jou ware werkgewer. ‘Doen julle werk entoesiasties, asof julle dit vir die Here doen en nie vir mense nie. Julle weet mos dat die Here elke mens wat sy werk goed doen, sal beloon…’ (Efesiërs 6:7-8 NLV). 4) Sien werk as God se gawe, nie as straf nie. ‘…Dit is goed dat mense… hulle werk geniet… en die vermoë om dit te geniet, is… ook ‘n geskenk uit sy hand’ (Prediker 5:17-18 NLV). 5) Gebruik kritiek tot jou voordeel. Laat dit vir jou werk. Vra vir voorstelle en korreksie. ‘Hy wat hom nie wil laat reghelp nie, beland in armoede en vernedering. Hy wat ‘n teregwysing ter harte neem, ontvang eer’ (Spreuke 13:18 NLV). 6) Doen meer as wat van jou verwag word. ‘As ‘n soldaat jou dwing om sy goed een kilometer te dra, dra dit vir hom twee kilometer ver’ (Matteus 5:41 NLV). 7) Sien God as jou vennoot by die werk. Bly dwarsdeur die dag van Christus bewus soos jy jou take voltooi, en ‘Die Here sal jou seën in alles wat jy doen…’

Sielskos: Hand 24-26; Mark 5:21-30; Ps 94:1-11; Spr 11:14-15