Fokus op jou maat se beste kwaliteite

2024-07-31
Spreuke 18:22 NLV

Die beste huwelike word deur paartjies gebou wat probeer om die kwaliteite wat hulle aanvanklik na mekaar toe aangetrek het, te onthou. As jy ‘n gelukkige huwelik wil bou of ‘n minder gelukkige een wil verbeter, doen die volgende:

1) Maak ‘n lys van jou maat se beste kwaliteite. Skryf die dinge wat jy die meeste van hom of haar liefhet neer en streef daarna om dit ten alle tye in gedagte te hou. Wanneer stres en inspanning in julle verhouding opduik, soos dit onvermydelik gaan, dink aan jou lys en indien nodig, gaan terug na die geskrewe kopie om jou gedagtes te verfris.

2) Fokus op hulle. Dink aan hoe jou maat se wonderlike kwaliteite jou lewe verryk en hoe baie jy hulle sou mis as hulle nie meer daar sou wees nie. Wanneer jy jou fokus verander, verander jy jou gevoelens. Wanneer jy jou gevoelens verander, verander jy jou perspektief, jou benadering en jou reaksies.

3) Verbaliseer dit. ‘Haar kinders is trots op haar. Haar man spog met haar’ (Spreuke 31:28 NLV). Jou kinders leer hoe om ‘n wonderlike huwelik of ‘n aaklige een te bou deur julle dop te hou. Hierdie gedagte alleen behoort die remme op kritiek aan te slaan en die komplimente uit te bring!

4) Versorg hulle. ‘…Wat mense saai, sal hulle ook maai!’ (GalasiĆ«rs 6:7 NLV). Mense verlep onder klagters, maar floreer en groei deur lof en bemoediging. Gryp enige oomblik aan wat die moeite werd is om gevier te word en plaas dit onder die vergrootglas! Paulus som dit so op: ‘Liefde beskerm waar mense beskerming nodig het; liefde glo altyd die beste van ander mense en verwag dit ook van hulle. Liefde ken ook g’n einde nie’ (1 KorintiĆ«rs 13:7 DB).

Sielskos: Esra 3-5; Luk 10:1-12; Ps 78:1-8; Spr 19:21-23