Die voordele om onselfsugtig te wees
2022-04-29Filippense 2:4 NLV
Onselfsugtigheid doen drie dinge vir jou: 1) Dit verhoog die kwaliteit van jou lewe. Dit gee jou ‘n waardering vir die lewe en ‘n beter begrip van die lewe se hoër waardes. Om mense in nood raak te sien en dan aan hulle behoeftes te voldoen, plaas baie dinge in perspektief. Een leier skryf: ‘Daar is geen lewe so leeg soos ‘n selfgesentreerde een nie. Daar is geen lewe so gesentreerd soos die self-leë ene nie.’ As jy jou wêreld wil verbeter, moet jy jou aandag daarop fokus om ander te help.
2) Dit maak jou deel van iets groters as jyself. In die middel tagtigs, het Merck & Company, die globale farmaseutiese korporasie, medikasie ontwikkel wat rivierblindheid genees – ‘n siekte wat hoofsaaklik mense in ontwikkelende lande infekteer en blind laat. Dit was ‘n goeie produk, maar die meeste potensiële kliënte kon dit nie bekostig nie. Wat het Merck dus gedoen? Hulle het die medikasie in elk geval geproduseer en aangekondig dat dit verniet vir enigeen wat dit nodig gehad het, beskikbaar sou wees. Gevolglik het hulle meer as 250 miljoen dosisse weggegee. George W. Merck sê: ‘Ons probeer nooit vergeet dat medisyne vir die mense is nie. Dis nie vir die wins nie. Die wins volg daarop en wanneer ons onthou dat dit vir die mense is, het die winste nog nooit nie opgedaag nie.’ Die les hieruit te leer? Eenvoudig. In plaas daarvan om groot te wees, word deel van iets groters as jyself.
3) Dit skep ‘n nalatenskap. Jack Balousek, die voormalige president van True North Communications, het gesê: ‘Leer, verdien, gee terug – hierdie is die drie fases van die lewe.’ Wanneer jy onselfsugtig is en in ander mense belê, ontvang jy die geleentheid om ‘n nalatenskap te skep. Dit behoort jou doelwit te wees.
Sielskos: Dan 11-12; Matt 4:1-11; Ps 144:9-15; Spr 10:22-23