Die bestanddele van ‘n wonderwerk

2024-08-13
Johannes 2:1 NLV

Kom ons kyk na die verhaal waar Jesus water in wyn verander het. Dit was sy eerste wonderwerk en dit wys hoe Hy in ons lewens werk.

1) Nooi Jesus uit. ‘Op die derde dag het daar ‘n bruilof in Kana… plaasgevind… [Jesus] en sy dissipels was ook na die bruilof toe genooi’ (verse 1-2 NLV). Toe die probleem ontstaan het, hoef die paartjie nie na Jesus te gaan soek het nie, want Hy was reeds daar. Nie net het hulle Hom geken nie, hulle het Hom ook in hulle planne ingesluit. Die versugting van Paulus se hart was om ‘…Christus persoonlik [te] ken…’ (Filippense 3:10 NVL). Hoekom? Omdat wanneer jy die Here ken, jy met vertroue op Hom kan steun en seker kan wees dat Hy langs jou sal wees wanneer jy Hom nodig het. Hierdie paartjie het waarskynlik ‘n lang tyd gehad om vir die geleentheid te beplan, tog het Jesus hulle nie oor slegte beplanning gekritiseer nie. Hy het tot hulle hulp gekom en hulle behoefte vervul. Hy sal dieselfde vir jou doen; al wat jy moet doen is om Hom uit te nooi.

2) Doen wat Hy vir jou sĂȘ, selfs al verstaan jy dit nie. Geloof verg nie verduidelikings nie. Dit vereis eenvoudige gehoorsaamheid en om op die goedheid van God te vertrou. ‘Wees bly in die Here, en Hy sal jou hartsbegeertes aan jou gee. Vertrou jou lewe toe aan die Here. Vertrou Hom, en Hy sal vir jou sorg’ (Psalm 37:4-5 NLV).

3) Begryp dat God die beste vir laaste kan hou. ‘…jy het egter die goeie wyn tot nou toe teruggehou’ (Johannes 2:10 NLV). Dis nie te laat nie. Wat vir jou soos ‘n tragedie lyk, kan ‘n getuienis van God se goedheid en getrouheid in jou lewe word.

Sielskos: 1 Kro 12:23-15:29; Luk 12:35-48; Ps 119:33-40; Spr 20:28-30