Gee God al die heerlikheid

2025-05-24
Openbaring 4:10 NLV

Wanneer ons mense wat ons belangrik ag probeer beïndruk, word ons trofeeversamelaars. Ons dink: ‘Ek is belangriker omdat ek hierdie bekende mens ken.’ Allerhande objekte kan trofeë word: ons universiteitsgrade, die huis waarin ons bly, ons voorkoms, ons klere, komplimente en bevorderings. Daar is selfs webtuistes waar jy vir jouself ‘n trofeëvrou kan gaan uitsoek – ‘n vrou wie se skoonheid ‘n huldeblyk aan haar man se rykdom en invloed is.

‘n Trofee is enigiets wat jy besit wat ander mense laat ‘Wow!’ sê. Om egter vir trofeë te leef laat jou leeg, ongelukkig en moeg voel. Trofeë bring ‘n oomblik van geluk mee wat verslawend kan wees, maar die gevoel van geluk verdwyn altyd. Dit is opmerklik dat in die hemel, wanneer beelde soos krone gebruik word, mense dit voor die Here se voete sit in plaas daarvan om dit te dra. Wanneer jy die triomf, bewondering en eer weggee, bring dit vir jou vreugde. Wanneer jy dit egter versamel, word hulle dof, vervaag en word ‘n las.

Dis hoekom die Bybel sê: “val die 24 ouderlinge in aanbidding voor Hom wat vir altyd op die troon sit, neer. Hulle aanbid Hom wat vir altyd lewe en sit hulle krone voor die troon neer en sê: ‘U is waardig, Here ons God, om die hemelse heerlikheid en die eer en die mag te ontvang omdat U alle dinge geskape het; deur u wil is alles wat bestaan, geskape'” (verse 10-11 NLV).

Enigiets goeds wat jy het, enigiets goed wat jy is en enigiets goed wat jy in die toekoms sal ontvang, kom alles van God af. Maak dus seker om vir God al die heerlikheid te gee.

Sielskos: 1 Kon 18:16-20:43; Mark 9:38-50; Ps 113; Spr 12:15-17

Give God all the glory


Revelation 4:10 NKJV

When we try to impress the people, we consider to be important, we become trophy collectors. “I’m more important because I know this famous person” is how our thinking goes. And all kinds of objects can become trophies: our grades in school, the houses we live in, people we have impressed, our looks, clothing brands, compliments, and promotions. There are even websites you can visit to look for a trophy wife – a woman whose beauty is a tribute to her husband’s wealth and influence.

A trophy is anything you own that causes other people to look at you and say, “Wow!” But living for trophies leaves you empty, unhappy, and tired. They bring a momentary happiness that can be addictive, but the enjoyment always dwindles. It’s notable that in heaven, when images like crowns are used, instead of wearing them, people are casting them at the Lord’s feet. When you give the triumph, admiration, and honour away, they bring you joy. When you collect them, they dull, fade, and become a burden.

That’s why the Bible says: “The twenty-four elders fall down before Him who sits on the throne and worship Him who lives forever…and cast their crowns before the throne, saying: ‘You are worthy, O Lord, to receive glory and honour and power; for You created all things, and by Your will they exist and were created'” (vv. 10-11 NKJV).

Anything good you have, anything good you are, and anything good you will receive in the future all come from God. So, be sure to give God all the glory.

Soul food: 1 Ki 18:16-20:43; Mark 9:38-50; Ps 113; Prov 12:15-17

Stem altyd met God se Woord ooreen

2025-05-23
Lukas 6:45 NLV

Dink jy aan jouself as iemand wat geloof in God het? Reflekteer jou gedagtes en woorde dit? Ons kan onsself mislei deur te dink dat ons groot geloof het, maar wanneer uitdagings ons maklik verslaan, is ons geloof dalk nie so groot soos wat ons dink nie. Jesus het gesê: ‘…Wat ook al in jou hart leef, bepaal wat jy sê.’ Jy kan baie van jouself leer deur te luister na dit wat jy sê. Wys jou gedagtes en woorde jou afhanklikheid van God; dat sy vermoë, nie joune nie, jou in staat stel om te doen wat nodig is?

Om jou woorde reg te kry, moet jy jou hart regkry. Om dit te doen, moet jy jou gedagtes in lyn met God se Woord bring. Dit beteken dat jy gewillig moet wees om enigiets wat Hy jou wil wys in die gesig te staar en Hom te vra om jou te verander. As jy op jou eie krag vertrou, begin eerder om op God te vertrou. As jy probeer om dinge deur jou eie vermoë aan te pak en geïrriteerd raak, vra God dat Hy deur jou moet werk en sy bekwaamheid moet toelaat om joune te wees. Paulus skryf: ‘Nie dat ons op eie houtjie iets kan bedink asof dit ons eie breinkind is nie. Ons bekwaamheid kom van God’ (2 Korintiërs 3:5 NLV).

Jou woorde dra krag, moet dus nie laat hulle jou belemmer nie. Staan eerder op die volgende Skrifgedeelte: ‘En God is in staat om aan julle elke gawe in oorvloed te gee sodat julle in elke opsig altyd van alles genoeg kan hê én ook nog oorvloedig kan wees in elke goeie werk’ (2 Korintiërs 9:8 NLV). Wanneer jy praat, stem altyd met God se Woord ooreen.

Sielskos: 1 Kon 16:1-18:15; Mark 9:30-37; Ps 108; Spr 12:14

Always agree with God’s Word


Luke 6:45 NIV

Do you think of yourself as a person who has faith in God? Do your thoughts and words reflect that? We can deceive ourselves into thinking we have great faith, but if challenges easily defeat us, then maybe our faith isn’t as great as we thought it was. Jesus said, “The mouth speaks what the heart is full of.” You can learn a lot about yourself by listening to what you say. Do your thoughts and words show your dependence on God, recognizing that His abilities, not yours, enable you to do anything you need to do?

To get your words right, you must get your heart right. And to do that, you must line your thinking up with God’s Word. That means being willing to face anything He wants to show you and asking Him to change you. If you’re trusting in your own strength, start trusting God instead. If you’re attempting to do things through your own abilities and becoming irritated, let God know that you want Him to work through you, and allow His sufficiency to be yours. Paul writes, “Not that we are sufficient of ourselves to think of anything as being from ourselves, but our sufficiency is from God” (2 Corinthians 3:5 NKJV).

Your words are like containers, so don’t fill them with things that disable you. Instead, stand on this Scripture: “God is able to bless you abundantly, so that in all things at all times, having all that you need, you will abound in every good work” (2 Corinthians 9:8 NIV). When you speak, always agree with God’s Word.

Soul food: 1 Ki 16:1-18:15; Mark 9:30-37; Ps 108; Prov 12:14

Jy kan leer om lief te hê

2025-05-22
Filippense 2:4 NLV

Jy kan leer om lief te hê deur liefdevolle gedagtes te dink. Jy doen dit deur op iemand anders se behoeftes, pyne, moeilikhede, doelwitte en begeertes, eerder as jou eie, te fokus. Daar is ‘n ou gesegde wat lui: ‘Dis makliker om iemand te verstaan wanneer jy ‘n myl in sy skoene geloop het.’ Mense wat seer het, is geneig om ander mense seer te maak. Hoe kan jy hulle liefhê? Deur verby hulle foute te kyk en hulle behoeftes raak te sien.

Die mense vir wie dit die moeilikste is om lief te wees, is dikwels die mense wat liefde die meeste nodig het. Die mense wat sal verkies dat jy hulle ignoreer, is die einste mense wat groot dosisse liefde nodig het. As ‘n persoon nie liefde kan kry nie, sal hulle aandag soek. As hulle nie positiewe aandag kan kry nie, sal hulle werk daarvan maak om negatiewe aandag aan te trek. Hulle sê in werklikheid: ‘Ek sal op een of ander manier raakgesien word.’

Maak liefde die meester van jou wil, nie die slaaf van jou emosies nie. Ons kan nie ons gevoelens verander nie, maar ons kan ons gedagtes verander. Wanneer ons die manier waarop ons aan iemand dink verander, sal ons stadig maar seker ons gevoelens oor hulle verander. Wanneer jy eerder oor ‘n persoon se behoeftes as hul foute begin dink, sal dit die manier wat jy oor hulle voel, verander.

Jy vra: ‘Sal dit nie skynheilig wees indien ek liefdevol teenoor iemand optree van wie ek nie eens hou nie?’ Nee, dit word liefde deur geloof genoem. Wanneer jy deur geloof liefhet, spoor jou optrede jou aan om die regte manier teenoor daardie persoon te voel. Probeer dit en vind vir jouself uit of dit werk!

Sielskos: 1 Kon 14-15; Mark 9:14-29; Ps 101; Spr 12:12-13