Hoekom kan ons nie saamwerk nie? (4)

2025-07-07
Efesiërs 4:3 NLV

‘n Vrou het vir haar vriendin gesê: ‘My man en ek het ‘n baie gelukkige huwelik. Daar is niks wat ek nie vir hom sal doen nie en daar is niks wat hy nie vir my sal doen nie. Dis hoe ons deur die lewe gaan – deur niks vir mekaar te doen nie!’ Ons glimlag, maar dis nie so snaaks wanneer dit die waarheid is nie. So ‘n gesindheid baan die pad na rampspoed in die huwelik, besigheid, kerk, persoonlike verhoudings en oral anders. Dikwels sluit mense tot hul eie voordeel by ‘n span aan – hulle wil ondersteunende spelers hê sodat hulle al die applous kan kry. Op die ou einde maak so ‘n gesindheid egter nie net hulself seer nie, dit maak ook die mense wat saam met hulle werk seer en verhinder die resultate wat hul andersins kon behaal het.

President Woodrow Wilson het gesê: ‘Jy is nie net hier om ‘n bestaan te maak nie. Jy is hier om die wêreld in staat te stel om ruimer, met groter visie, met ‘n fyner gees van hoop en prestasie, te leef. Jy is hier om die wêreld te verryk en om jouself te verarm wanneer jy vergeet om dit te doen.’

Is dit maklik om saam met ander te werk en altyd oor die weg te kom? Soms ja, soms nee. Dis hoekom Paulus skryf: ‘Deur in vrede met mekaar te lewe, moet julle die eenheid wat die Gees bewerk het, bewaar.’ Jy moet daaraan werk. Wanneer iemand kritiseer, wis dit met ‘n kompliment uit. As iemand kla, vind iets om voor dankbaar te wees. Wanneer iemand selfgesentreerd voorkom, herinner hulle daaraan dat die kollektiewe doel waarna julle streef, groter as enige individu is.

Sielskos: Hand 1:1-3:10; Matt 8:1-9; Ps 109:1-15; Spr 15:22

Why can’t we work together? (4)


Ephesians 4:3 NIV

A lady told her friend, “My husband and I have a very happy marriage. There’s nothing I wouldn’t do for him, and there’s nothing he wouldn’t do for me. And that’s the way we go through life – doing nothing for each other!” We smile, but that’s not so funny when it’s true. That attitude paves the road to disaster in marriage, business, church, personal relationships, and everywhere else. Often people join a team for their own advantage – they want supporting players so they can receive all the accolades. But ultimately, that attitude not only hurts them, but it also hurts the people they work with and hinders the results they otherwise could have had.

President Woodrow Wilson asserted: “You are not here merely to make a living. You are here to enable the world to live more amply, with greater vision, with a finer spirit of hope and achievement. You are here to enrich the world, and to impoverish yourself if you forget the errand.” Here is a true statement, if ever there was one: When you use people, exploit them, and take advantage of them, you inevitably fail in life.

Is it easy to work with others and always get along? Sometimes yes, sometimes no. That’s why Paul writes, “Make every effort to keep the unity of the Spirit through the bond of peace.” You have to work at it. When someone criticizes, offset it with a compliment. When someone complains, find something to be thankful for. When someone comes across as self-centred, remind them that the collective goal you’re striving for is greater than any one individual.

Soul food: Acts 1:1-3:10; Matt 8:1-9; Ps 109:1-15; Pro 15:22

Hoekom kan ons nie saamwerk nie? (3)

2025-07-06
Psalm 133:1 NLV

Rede drie: temperament. Sommige mense is nie van nature ‘n ekstrovert nie. Wanneer hulle uitdagings in die gesig staar, kom dit nooit by hulle op om ander mense se hulp in te roep om hul doel te bereik nie. Wanneer jy alleen optree, sal jy ‘n sekere mate van sukses behaal, maar wanneer jy met die regte mense saamwerk, sal jy dinge bereik wat jy nooit gedroom het moontlik is nie. Wanneer jy alles alleen doen en nooit met ander saamwerk nie, sit jy groot struikelblokke in die pad van jou eie potensiaal. Dr Allan Fromme het geskerts: ‘Dit het al gebeur dat mense meer bereik wanneer hulle saamwerk, eerder as om mekaar teen te werk!’

Soos Chuck Swindoll sê: ‘Niemand is ‘n hele span nie; ons het mekaar nodig. Jy het iemand nodig en iemand het jou nodig. Ons is nie eilande op ons eie nie. Om die lewe te laat werk, moet ons leun en ondersteun. Vereenselwig en reageer. Gee en neem. Bely en vergewe. Uitreik en ander mense omhels en vertrou. Aangesien nie een van ons ‘n hele, onafhanklike, selfversorgende, super-bekwame, almagtige individu is nie, laat ons ophou om op te tree asof ons is. Die lewe is reeds eensaam genoeg. Die spel is verby. Kom ons skakel by mekaar in.’

As jy graag iets groots wil bereik, moet jy na ander toe uitreik. Een is ‘n te klein getal om groot suksesse te bereik. Die Bybel sê: ‘Hoe goed, hoe mooi is dit as broers eengesind saamwoon!… daar gee die Here sy seën…’ (verse 1,3 NLV). Wanneer ons saamwerk, seën God ons pogings. Sonder God se seën is daar geen ware en blywende sukses nie.

Sielskos: Rut 1:3-18; Joh 6:41-69

Why can’t we work together? (3)


Psalm 133:1 NKJV

Reason three: temperament. Some people aren’t naturally outgoing. When they face challenges, it never occurs to them to enlist other people’s help in order to accomplish their goal. When you operate alone, you will achieve a certain amount of success, but when you cooperate with the right people, you will achieve things you never dreamed possible. When you do everything alone and never partner with others, you produce huge hurdles to your own potential. Dr. Allan Fromme quipped, “People have been known to achieve more as a result of working with others than against them.” That’s certainly an understatement!

Like Chuck Swindoll says: “Nobody is a whole team…We need each other. You need someone and someone needs you. Isolated islands we’re not. To make this thing called life work, we gotta lean and support. And relate and respond. And give and take. And confess and forgive. And reach out and embrace and rely on [others]. Since none of us is a whole, independent, self-sufficient, super-capable, all-powerful hotshot, let’s quit acting like we are. Life’s lonely enough without our playing that silly role. The game is over. Let’s link up.”

If you desire to accomplish something big, you have to join with others. One is too small a number to greatly succeed. The Bible says, “Behold, how good and… pleasant it is for brethren to dwell together in unity!… For there the Lord commanded the blessing” (vv. 1, 3 NKJV). Did you get that? When we work together, God commands His blessing to be upon our efforts. And without the blessing of God, there is no true and lasting success.

Soul food: Ruth 1:3-18; John 6:41-69

Hoekom kan ons nie saamwerk nie? (2)

2025-07-05
1 Samuel 14:7 NLV

Rede twee: naïwiteit. ‘n Ou Chinese spreekwoord lui: ‘Agter elke bekwame man is daar altyd ander bekwame manne.’ Selfs as jy die werk self kan doen, is dit wys om te stop en te vra: ‘Wie ken ek wat my kan help om dit beter te doen?’ Hierdie vraag definieer die verskil tussen middelmatigheid en uitnemendheid. Die besigheidskonsultant, John Ghegan, het ‘n bordjie op sy lessenaar gehad wat gelees het: ‘As ek dit alles weer oor kon doen, sou ek hulp gekry het.’ Ons almal het so ‘n bordjie nodig!

Wanneer jy ‘n paar oorwinnings behaal het, loop jy die verhoogde risiko om te dink dat jy enigiets en alles self kan doen. Wanneer jou droom egter van God afkomstig is, sal dit altyd groter as jou individuele kapasiteit en gawes wees, wat beteken dat jy na ander mense sal moet uitreik.

Twee manne, Jonatan en sy wapendraer, het ‘n hele Filistynse leër uitgewis. Hoe het hulle dit gedoen? “‘Kom ons gaan oor na hierdie heidene toe,’ sê Jonatan vir sy wapendraer. ‘Dalk help die Here ons. Hy kan tog deur baie of deur min die oorwinning gee!’ ‘Doen wat u dink goed is,’ sê die wapendraer. ‘Ek is hart en siel saam met u!'” (verse 6-7 NLV). Jonatan, die leier, het die aanmoediging en ondersteuning van sy wapendraer nodig gehad. Sy wapendraer het weer die moed en leierskap van Jonatan nodig gehad. Saam het hulle wonderlike dinge vir God bereik.

Die waarheid is dat spanwerk altyd die kern van indrukwekkende oorwinnings is. Die vraag is nie of spanne waarde het nie; dit is of jy nederig genoeg is om daardie feit te erken en ‘n beter spanspeler te word.

Sielskos: Joel 1-3; Matt 7:15-29; Ps 79; Spr 15:18-21