2025-07-12
Prediker 3:1 NLV
Jou lewensdoel word aan ‘n spesifieke tyd en seisoen gekoppel. Sommige van God se doelwitte kan binne ‘n kort tydjie bereik word, terwyl ander ‘n leeftyd neem. Jy sal nie in staat wees om altyd dit te doen wat jy vandag doen nie, of ten minste nie in dieselfde mate as wat jy dit tans doen nie. Die Bybel leer ons: ‘…soos jou dae, so sal jou krag wees’ (Deuteronomium 33:25 KAB23). Dis hoekom sommige van die wêreld se beste sportspelers die oorgang na afrigting maak.
Drie belangrike waarnemings:
1) Jy moet verstaan in watter seisoen jy tans is en die meeste daaruit put.
2) Wanneer een seisoen eindig, moet jy met grasie na die volgende seisoen beweeg.
3) Jy moet leer om die seisoen waarin jy jou tans bevind, te geniet.
Hier is ‘n interessante verskynsel: Elia het sy mantel van krag aan Elisa oorgedra, maar nêrens lees ons dat Elisa dit aan iemand anders oorgedra het nie. Toe Paulus egter sy mantel aan Timoteus oorgedra het, het dit nie daar geëindig nie. Paulus het vir hom gesê: ‘Jy het my baie dinge hoor leer wat bevestig is deur baie betroubare getuies. Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee’ (2 Timoteus 2:2 NLV).
In plaas daarvan om te treur dat sy tyd besig is om uit te loop, het Paulus hom in die wete dat God hom gehelp het om sy opdrag te vervul, verheug. ‘Ek het die goeie stryd gestry, ek het die wedloop voltooi, en ek het gelowig gebly. En nou wag die prys vir my: die lourierkrans van geregtigheid…’ (2 Timoteus 4:7-8 NLV). God gee jou genade vir die seisoen waarin jy is. Let dus op en weet wanneer om aan te beweeg!
Sielskos: Hand 12-13; Matt 9:14-26; Ps 123; Spr 16:1
2025-07-11
Ecclesiastes 3:1 NKJV
Your life’s purpose is connected to a specific time and season. In other words, it will have a beginning and an ending. Some of God’s purposes can be fulfilled in a short time, while others take a lifetime. You won’t always be able to do what you’re doing today, or at least to the extent you’re doing it now. The Bible teaches, “As your days, so shall your strength be” (Deuteronomy 33:25 NKJV). That’s why some of the world’s best sports players transition into coaching.
Three important observations:
(1) You must understand and maximize the season you’re in right now.
(2) When one season ends, you must transition graciously into the next.
(3) You must learn to enjoy whatever season you’re in.
Here is an interesting phenomenon: Elijah passed his mantle of power to Elisha, but nowhere do we read that Elisha passed it on to anyone else. But when Paul passed his mantle on to Timothy, it didn’t end there. Paul told him, “The things… you have heard from me among many witnesses, commit…to faithful men who will be able to teach others also” (2 Timothy 2:2 NKJV).
Instead of lamenting that he had run out of time, Paul rejoiced in knowing that God had helped him to fulfil his assignment. “I have fought the good fight, I have finished the race, I have kept the faith. Finally, there is laid up for me the crown” (2 Timothy 4:7-8 NKJV). The truth is, God only gives you grace for the season you’re in. And when a season ends, and it’s time to transition, the grace lifts. So, pay attention and know when to move on!
Soul food: Acts 12-13; Matt 9:14-26; Ps 123; Pro 16:1
Matteus 5:41 NLV
Verbeel jouself die volgende: Jy is in ‘n restaurant met iemand wie se rekening R100 is en jy sien hoe hulle die fooitjie uitwerk. Hulle het R20 oor en weet dat ‘n 10 persent fooitjie as die absolute minimum gesien word. Hulle mors vyf minute om kleingeld vir daardie R20 te kry sodat hulle presies R10 as fooitjie kan los, eerder as om bietjie ekstra te gee. Wat sou gebeur het as hulle die volle R20 as fooitjie gelos het? Hulle mag dalk die kelner of kelnerin se dag gemaak het. R10 mag dalk nie soos baie klink nie, maar die boodskap wat daarmee gepaardgaan kan die wêreld vir iemand beteken, veral as hulle ‘n slegte dag het. Dit sê: ‘Dankie, jy het ‘n goeie werk gedoen, ek waardeer jou, jy is kosbaar.’ Miskien gaan die boodskap verlore – jou kelner raap net die fooitjie op sonder om dit te tel – maar God seën jou in elk geval omdat jy dit gedoen het.
‘…Wie suinig saai, sal karig oes; wie ruimhartig saai, sal volop oes’ (2 Korintiërs 9:6 NLV). Dink daaroor: Jy kan iemand anders gelukkig maak en jouself seën. Dit is net een klein voorbeeld van die verskeie maniere waarin die klein dingetjies wat ons doen, verrassend groot nagevolge kan hê. Klein dade van goedhartigheid gee die toon van jou dag aan. Om die ekstra myl te gaan – of dit nou ‘n ekstra fooitjie of ‘n onverwagte kompliment of geskenkie is – kos baie min en gee jou baie terug.
Hier is nog ‘n belangrike gedagte: Ons kan geloof hê wat berge versit, al die diep leerstellings van die Bybel verstaan en verduidelik en uitblink in persoonlike heiligheid, maar God se Woord sê dat ons niks, sonder liefde, is nie (sien 1 Korintiërs 13:2).
Sielskos: Hand 10-11; Matt 9:1-13; Ps 118:19-29; Spr 15:33
Matthew 5:41 NKJV
Try to picture this: You’re in a restaurant with someone whose meal costs $15.00, and you’re watching them struggle over the tip. They have $2.00 left over, and they know that a 10 percent tip is considered the very minimum. They waste five minutes getting change for that second dollar so they can leave a $1.50 tip rather than leave a little extra. What would have happened if they had left the full $2.00? They may have made the waiter’s or waitress’s day. Fifty cents may not seem like much, but the message that goes along with it can mean the world of difference to someone, especially if they’re having a rough day. It says, “Thanks, you did a good job, I appreciate you, you’re valuable.” Maybe the message gets lost – your server just sweeps up the tip without counting – but God blesses you for doing it anyway.
“Whoever sows generously will also reap generously” (2 Corinthians 9:6 NIV). Think about it: You can increase the happiness of others and bless yourself with mere pocket change. This is just one tiny example of the many ways in which the small things we can do have surprisingly big repercussions. Small acts of kindness set the tone for your day. Going the extra mile – whether it’s a slightly larger tip or an unexpected compliment or gift – costs very little and gets you a lot.
And here is an important thought: We can have mountain-moving faith, understand and explain all the deep doctrines of the Bible, and get top marks for personal holiness, yet God’s Word says that without love, we are “nothing” (See 1 Corinthians 13:2).
Soul food: Acts 10-11; Matt 9:1-13; Ps 118:19-29; Pro 15:33
2025-07-10
Filippense 2:4 NLV
As jy jouself in ‘n leierskapposisie bevind, moet jy bewus wees hoe jy op die gevoelens, gedagtes en opinies van diegene rondom jou, reageer. Jy moet sensitief wees daarvoor, want dit wat jy as leier sê sal dieper aanklank vind as dit wat ander mense sê. Selfs wanneer iemand ‘n idee voorstel wat jy voel geen verdienste het nie, moet jy die versoeking om dit dadelik van die hand te wys, weerstaan. ‘n Eenvoudige: ‘Dankie vir jou insette,’ eerder as ‘n: ‘Nee, dit sal nie werk nie,’ is nodig.
Wanneer jy afwysend teenoor iemand is, stuur dit die volgende boodskap: ‘Ek ignoreer jou en jou idee. Jou gevoelens en sienings maak nie saak nie. Jou belange is vir my onbelangrik.’ Sulke stellings, gesproke of ongesproke, benadeel ‘n persoon se gevoel van waarde en behoefte aan respek. Dit is veral van toepassing as die persoon glo dat hulle spesiale agting verdien. Die ou gesegde is waar: ‘Mense gee nie om hoeveel jy weet nie, totdat hulle weet hoeveel jy omgee.’
Wanneer jy ander afwysend behandel, sal hulle ‘n manier vind om hul irritasie ten toon te stel, wat jou soms duur te staan kan kom as jy jou visie wil bereik. Jy kan dit voorkom deur meer bewus te raak van hoe jy teenoor ander mense optree. Die enigste oplossing vir hierdie probleem is om buite jouself te tree, aandagtig na ander te luister en te poog om hul bekommernisse te verstaan en met respek te hanteer. As jy dit doen, sal jy groot voordele daaruit put. ‘Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange.’
Sielskos: Hand 8-9; Matt 8:28-34; Ps 118:10-18; Spr 15:31-32