2025-07-25
Genesis 40:6 AFR83
Josef was in die tronk vir ‘n misdaad wat hy nie gepleeg het nie, wat dit opmerklik maak dat hy die tyd en energie gehad het om oor enigiemand anders om te gee. “‘n Ruk nadat Josef in die tronk gesit is, het ‘n skinker en ‘n bakker van Egipte se koning verkeerd opgetree… Die farao… het hulle in dieselfde tronk laat sit waarin Josef opgesluit was… Josef het die volgende môre… vir die twee… gevra: ‘Waarom lyk julle vandag so bedruk?’ Hulle het hom geantwoord: ‘Ons het elkeen ‘n droom gehad en ons weet nie wat dit beteken nie…'” (verse 1, 3, 6-8 AFR 83). Josef het hulle drome uitgelê en sodoende het die skinker sy werk in die farao se paleis teruggekry.
Toe farao ‘n droom gehad het wat niemand kon uitlê nie, het die skinker hom aan Josef voorgestel. Gevolglik het Josef oor Egipte geheers en was hy in ‘n posisie om sy familie van uitsterwing te red. Uit die familie wat Josef gered het, is die Verlosser van die wêreld gebore wat jou gered het. Hierdie wonderbaarlike sameloop van omstandighede begin met drie woorde: ‘Josef het opgemerk.’
Onthou die sterwende man op die pad na Jerigo? ‘Toevallig kom daar ‘n Joodse priester verby, maar toe hy die man daar sien lê, het hy die pad oorgesteek en aan die ander kant by hom verbygegaan… Toe het ‘n veragte Samaritaan verbygekom, en toe hy die man sien, het hy hom innig jammer gekry. Die Samaritaan kniel toe langs hom, behandel sy wonde met medisyne, en verbind dit…’ (Lukas 10:31, 33-34 NLV). Jesus sluit hierdie gelykenis met die volgende woorde af: “…’Ja, gaan nou, en doen dieselfde'” (vers 37 NLV).
Vra dus vir God om jou te help ‘opmerk’ en vir die genade om dan te reageer.
Sielskos: Deut 8-10; Matt 12:22-37; Ps 78:9-16; Spr 16:25
2025-07-24
Amos 3:3 NIV
Relationships are built on mutual trust – and trust is based on speaking the truth. But there are ways of speaking the truth that help and ways that hurt. The “give-them-a-piece-of-my-mind” approach just drives the wedge deeper. Then there is the Bible way: “Speaking the truth in love, we will grow” (Ephesians 4:15 NIV). Let’s suppose a couple fights because he is habitually late. How can she make sure her message gets across? Well, she could say to him:
(a) “I feel frustrated.” No blame, no attack; just an honest sharing of how she feels.
(b) “When you are late…” No judging, name-calling, or labelling; just a description of how she sees his action.
(c) “It seems to say to me that my time isn’t really important to you.” No moralizing; just honestly sharing her emotions.
(d) “In the future, can you please try to be on time or call me and let me know when you will be here?” Instead of focusing on past actions he can’t change, she is telling him what she would like him to do differently next time.
(e) “Would you be willing to do that for me?” No demanding or taking for granted; just asking for consideration and cooperation. And when he agrees, they have an implied “contract.”
She thanks him sincerely and rewards every effort he makes to keep his word. In effect, she has just realigned the relationship by making him an ally instead of an adversary. She has also redefined the focus as a shared one, not something she “does to him!” Like the Bible says, we can “walk together” when we have “agreed to do so.”
Soul food: Deut 5-7; Matt 12:15-21; Ps 78:1-8; Pro 16:23-24
Amos 3:3 NLV
Verhoudings word op wedersydse vertroue gebou – en vertroue word op die waarheid gebou. Daar is egter maniere om die waarheid te praat wat help en maniere om die waarheid te praat wat seermaak. Jy kan die waarheid praat deur net te sê wat jy dink, sonder om die ander persoon se gevoelens in ag te neem. Of jy kan die Bybelse benadering gebruik: ‘Nee, terwyl ons mekaar liefhet, sal ons by die waarheid bly en so in alle opsigte groei…’ (Efesiërs 4:15 NLV).
Kom ons veronderstel dat ‘n paartjie baklei omdat hy altyd laat is. Hoe kan sy seker maak hy verstaan haar boodskap? Wel, sy kan vir hom sê:
a) ‘Ek voel gefrustreerd.’ Geen blaam, geen aanval; net ‘n eerlike uitdrukking van hoe sy voel.
b) ‘Dit voel vir my asof my tyd nie werklik vir jou belangrik is nie.’ Geen aanval nie; sy deel net haar emosies eerlik.
c) ‘Kan jy in die toekoms asseblief probeer om betyds te wees of my laat weet wanneer jy hier gaan wees?’ In plaas daarvan om op sy optrede in die verlede, wat hy nie kan verander nie, te fokus, sê sy vir hom hoe sy graag sal wil hê hy in die toekoms moet optree.
d) ‘Sal jy gewillig wees om dit vir my te doen?’ Geen eise nie; sy vra net vir oorweging en samewerking. Wanneer hy instem, het hulle ‘n geïmpliseerde ‘kontrak’.
Sy bedank hom opreg en beloon elke poging wat hy aanwend om sy woord te hou. In werklikheid het sy pas die verhouding herbelyn deur hom ‘n bondgenoot in plaas van ‘n teëstander te maak. Sy het ook die fokus as ‘n gedeelde een, nie iets wat sy ‘aan hom doen nie!’ geherdefinieer. Soos die Bybel sê: ons kan ‘saam op reis gaan’ wanneer ons ‘afspreek om dit te doen.’
Sielskos: Deut 5-7; Matt 12:15-21; Ps 78:1-8; Spr 16:23-24
2025-07-23
Galatians 5:15 CEV
Every worthwhile relationship can experience problems. With that in mind, it’s important to recognize this:
(1) Problems are inevitable, normal, and potentially beneficial. They’re inevitable because relationships bring together very different people. They’re normal because all relationships, including great ones, go through ups and downs. And they’re potentially beneficial because, handled effectively, the relationship can grow through problems.
(2) Generally speaking, there are three problem-solving styles.
(a) The avoid style. These are the “don’t-rock-the-boat” kind of people. They bury their feelings without realizing those feelings will undoubtedly rise again down the road. They go from clam up, to build up, to blow up, inviting mental, emotional, and physical side effects. Meanwhile, the problem keeps growing, and the unfinished business erodes the relationship.
(b) The attack style. These are the “get-them-before-they-get-you” people. They’re fighters who refuse to concede, so they inflict wounds on each other, wounds from which it can be hard to recover. The Bible says, “If you keep attacking each other…you will destroy yourselves.” Why? Because attack begets counterattack, and nothing gets resolved.
(c) The approach/assert style. These are the “no-price-is-too-high-to-maintain-a-good relationship” people. They’re sensitive to other people’s feelings while insisting that both parties deal directly with the important issues. They avoid blame fixing, attack the issue instead of the individual, and invite others to partner with them in solving the problem and strengthening the relationship. Try it – it works!
Soul food: Deut 3-4; Matt 12:1-14; Ps 46; Pro 16:20-22
Galasiërs 5:15 NLV
Elke verhouding wat die moeite werd is, kan probleme ondervind. Met dit in gedagte, is dit belangrik om die volgende te besef:
1) Probleme is onvermydelik, normaal en moontlik voordelig. Hulle is onvermydelik, omdat verhoudings verskillende mense bymekaar bring. Hulle is normaal, omdat alle verhoudings, selfs wonderlike verhoudings, laagte- en hoogtepunte deurmaak. Hulle is ook moontlik voordelig, omdat wanneer die probleme effektief hanteer word, die verhouding kan groei.
2) Oor die algemeen is daar drie maniere om probleme op te los.
a) Die vermydingstyl. Hierdie mense begrawe hulle gevoelens sonder om te besef dat daardie gevoelens onvermydelik weer later gaan opduik. Hulle bly stil, die gevoelens bou op en hulle ontplof dan, wat geestelike, emosionele en fisiese newe-effekte meebring. Terseldertyd hou die probleem aan groei en die ongedane sake kalwe die verhouding weg.
b) Die aanvalstyl. Hierdie mense is vegters wat weier om op te gee, dus hou hulle aan om wonde toe te dien; wonde wat moeilik is om gesond te word. Die Bybel sê: ‘Maar julle byt en verskeur mekaar. Pas op dat julle mekaar nie heeltemal verslind nie!’ Aanvalle veroorsaak teenaanvalle en niks word opgelos nie.
c) Die benaderingstyl. Hierdie mense is sensitief vir ander mense se gevoelens, maar dring daarop aan om belangrike kwessies direk aan te spreek. Hulle vermy dit om blaam uit te deel, val die kwessie eerder as die individu aan en nooi ander uit om saam met hulle te werk om die probleem op te los en die verhouding te versterk. Probeer dit – dit werk!
Sielskos: Deut 3-4; Matt 12:1-14; Ps 46; Spr 16:20-22