Neem verantwoordelikheid vir jou lewe

2025-08-03
Johannes 5:6 NLV

Wat ‘n wonderbaarlike vraag het Jesus vir hierdie verlamde man gevra: ‘Wil jy graag gesond word?’ Wie sal nie wil nie! Jy mag dalk verbaas wees. Kay Arthur vertel hoe sy eendag verby ‘n bedelaar in ‘n straat in Jerusalem geloop het. Terwyl hy gesit en bedel het, het hy sy broekspyp opgetrek om die verskriklike sere op sy been te wys.

Sy skryf: ‘My verpleegsterhart het my voete tot stilstand gebring. Ek wou af buk en die oop wonde teen die stof beskerm. Dit moes gewas, ontsmet en verbind word deur iemand wat omgee. My vriendin het my saggies aan my elmboog gevat en weggedraai na ons bestemming toe. Sy het aan my verduidelik dat hierdie man nie gesond gemaak wou word nie. Hy het sy bestaan uit sy wonde gemaak! Toe ek terugkyk, het ek een laaste blik gekry van iemand wat minder was as wat hy kon wees.’

Die man wat hulpeloos langs die waterbad genaamd Betesda gelê het, was al agt en dertig jaar daar. Hoe lank neem dit voordat ‘n probleem ‘n manier van lewe word? Jesus het vir hom gesê: ‘…Staan nou op… en loop!’ (vers 8 NLV), wat impliseer dat dit tyd is om op te staan en aan die werk te spring – om ‘n vader vir jou kinders, ‘n man vir jou vrou, ‘n bydraer tot jou gemeenskap, ‘n oplossing vir iemand anders se probleem te wees – dit is tyd om verantwoordelikheid vir jou lewe te neem.

Laat jy jou verlede of jou huidige omstandighede toe om jou vas te hou en jou te verhoed om vorentoe te beweeg? As Jesus jou sou vra: ‘Wil jy emosioneel, fisies en geestelik gesond wees?’ wat sou jou antwoord wees? Laat Jesus jou vandag heelmaak!

Sielskos: 1 Sam 17:4-51; Ef 6:10-18

‘n Woord aan gegradueerdes

2025-08-02
2 Timoteus 2:15 DB

Gegradueerde, hier is elf lesse om jou te bemagtig en jou te inspireer:

1) Jy is hier vir ‘n rede en die belangrikste is om hierdie rede te ontdek.
2) Volg jou passie. Jy mag dalk nog nie weet wat dit is nie, maar maak dit jou missie om dit uit te vind.
3) Alhoewel jy dalk van ‘n maatskappy se produkte hou, beteken nie noodwendig dat jy dit sal geniet om vir die maatskappy te werk nie.
4) Moenie net bedank omdat die werk moeilik is nie. Bedank omdat jy diep binne-in jou weet dat daar iets anders is wat jy veronderstel is om te doen, of dat jy nie besig is om die werk of jouself te verbeter nie, of omdat jy weet dat jy nie meer veronderstel is om daar te wees nie.
5) Leer uit elke ervaring. Elke werk berei jou voor vir die werk waarvoor jy gebore is.
6) Jou huidige werk mag dalk nie jou hoogste doelwit wees nie, maar dit kan as ‘n wegspringplek daartoe dien.
7) Wees diensbaar waar jy ook al werksaam is. Om in mindere mate diensbaar te wees, bied jou geleenthede om in groot mate te dien.
8) Jou droomwerk is dikwels nie die een waarvan jy gedroom het nie. Ons beland gereeld in merkwaardige loopbane buite die grense van ons grade.
9) Die pad om jou doelwit te bereik is met uitdagings, oorwinnings, ompaaie, doodloopstrate en uitstel gesaai. Bly hoopvol en getrou.
10) Jy mag dalk iets onmiddellik wil hê, maar wanneer dit gebeur het, sal jy reg wees daarvoor?
11) Saad val op die grond sodat dit vir ‘n groter doel gebruik kan word. Plant jouself en laat jouself vir ‘n oes, wat ander sal bevoordeel, gebruik word.

Sielskos: Deut 30:1-32:28; Matt 14:1-12; Ps 119:9-16; Spr 17:4-6

A word to graduates


2 Timothy 2:15 MSG

Graduate, here are eleven lessons to empower and inspire you:

(1) You’re here for a reason, and the most vital thing you can do is find it.
(2) Follow your passion. You may not already know what it is, but make it your mission to discover it.
(3) Although you might love Facebook, you might not like working for the company. And because you enjoy cooking doesn’t mean you will enjoy owning a restaurant.
(4) Don’t quit because the work is hard. Quit because deep inside you know there is something different for you to do, or you’re not improving yourself or the organization, or you know you’re not supposed to be there anymore.
(5) Learn from every experience. Each job gets you ready for the work you were born to do.
(6) Your present job may not be your highest purpose, but it can assist as an agent to prepare you for it.
(7) In whichever job you accept after graduation, serve. Serving in minor ways affords you opportunities to serve in major ways.
(8) Your dream job probably isn’t the one you dreamed about. Frequently we end up in remarkable careers outside the scope of our degrees.
(9) The pursuit of your purpose is filled with difficulties, wins, detours, dead ends, and postponements. Remain hopeful and faithful.
(10) You may want something to happen immediately, but if it did, would you be ready for it?
(11) Seeds yield to the ground so they can be utilized for a greater purpose. So, plant yourself, and let yourself be used for a harvest to benefit others.

Soul food: Deut 30:1-32:28; Matt 14:1-12; Ps 119:9-16; Pro 17:4-6

How do you handle fear?

2025-08-01
Psalm 118:6 NKJV

Being in a position of leadership won’t give you courage, but showing courage will establish you as a leader in the eyes of others. Larry Osborne said, “The most striking thing about highly effective leaders is how little they have in common. What one swears by another warns against. But one trait stands out: the willingness to risk.” Courage isn’t the lack of fear; it’s doing what you’re afraid to do. It’s having the power to release the familiar and advance into new territory. The psalmist said, “The Lord is on my side; I will not fear. What can man do to me?” (v. 6 NKJV).

Roman historian Tacitus wrote, “The desire for safety stands against every great and noble enterprise.” Courage has the reverse effect. It swings doors open, which is one of its most amazing benefits. British theologian John Henry Newman said, “Fear not that your life will come to an end but that it will never have a beginning.” Without the courage to begin, you have no future.

Here is something ironic: Those who lack the courage to take risks and those who have the courage to take risks experience the same amount of fear in life. The only difference is that those who are afraid retreat while those who show courage advance.

So, how do you handle fear? Do you embrace it or try to escape it? Do you put yourself in situations that stretch your faith? Or have you withdrawn so far into your comfort zone that you never feel fear? Only when you have answered these questions can you begin to overcome your fears.

Soul food: Deut 28-29; Matt 13:47-58; Ps 119:1-8; Pro 17:3

Hoe hanteer jy vrees?


Psalm 118:6 NLV

Om in ‘n leierskapsposisie te wees sal jou nie moed gee nie, maar om moedig te wees, sal jou as ‘n leier in ander mense se oë vestig. Larry Osborne het gesê: ‘Die opvallendste kenmerk van hoogs effektiewe leiers is hoe min hulle in gemeen het. Wat die een by sweer, waarsku die ander een jou teen. Een eienskap staan egter uit: die bereidwilligheid om te waag.’ Moed is nie die afwesigheid van vrees nie; dit is om juis dit waarvoor jy bang is, te doen. Dit is die krag om die bekende agter te laat en nuwe terrein te betree. Die Psalmdigter het gesê: ‘Die Here is by my, ek sal nie bang wees nie. Wat kan ‘n mens aan my doen?’ (vers 6 NLV).

Die Romeinse historikus Tacitus het geskryf: ‘Die begeerte na veiligheid staan elke groot en edele onderneming teë.’ Moed het die omgekeerde effek. Die Britse teoloog John Henry Newman het gesê: ‘Moenie bang wees dat jou lewe tot ‘n einde sal kom nie, maar dat jou lewe nooit ‘n begin sal hê nie.’ Sonder die moed om te begin, het jy geen toekoms nie.

Ironies genoeg ervaar diegene wat nie die moed het om risiko’s te neem nie en diegene wat die moed het om risiko’s te neem, dieselfde hoeveelheid vrees in die lewe. Die enigste verskil is dat diegene wat bang is, terugdeins terwyl diegene wat moed aan die dag lê, vooruitbeweeg.

Hoe hanteer jy vrees? Verwelkom jy dit of probeer jy daarvan ontsnap? Plaas jy jouself in situasies wat jou geloof uitdaag? Of het jy so ver in jou gemaksone teruggetrek dat jy nooit vrees voel nie? Eers wanneer jy hierdie vrae beantwoord het, kan jy begin om jou vrese te oorkom.

Sielskos: Deut 28-29; Matt 13:47-58; Ps 119:1-8; Spr 17:3