Die vyf krone (3)

2025-08-10
2 Timoteus 4:8 AFR53

Die derde kroon wat in die Skrif genoem word, is die kroon van geregtigheid. Paulus skryf: ‘Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou. Verder is vir my weggelê die kroon van die geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, my in dié dag sal gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat sy verskyning liefgehad het’ (verse 7-8 AFR83).

‘n Pastoor verduidelik dit as volg: ‘Die boek 2 Timoteus verteenwoordig die laaste bekende skrywe van die apostel Paulus. Ons het rede om te glo dat hy kort nadat hy hierdie woorde geskryf het, onthoof is. In plaas daarvan om die dood te vrees, het hy egter na die wederkoms uitgesien. Hy was met sy rekord van diens aan die Here tevrede. Paulus se gebruik van die metafoor van die atleet is veral beskrywend van die lewe van die gelowige, omdat dit uithouvermoë, dissipline en finale oorwinning beskryf. Die kroon van geregtigheid word vir diegene wat ‘n verlange na die Here Jesus het en wat wag vir Jesus om terug te kom, gereserveer.’

Paulus skryf in ‘n brief aan Titus dat ‘…die seën waarop ons hoop, ‘n werklikheid word. By daardie geleentheid sal die heerlikheid van ons groot God en Verlosser, Jesus Christus, ook sigbaar word’ (Titus 2:13 NLV). Die pastoor gaan voort: ‘Sielkundiges sê vir ons dat afwagting ‘n emosie met wonderlike genesende kragte is. Mense wat deur sneeu vasgevang is, hou moed deur die langer dae van lente en somer af te wag. Bruide en bruidegomme wag hulle troudag gretig af.’

As Christen lê jou beste dae nog voor jou en jy kan in afwagting van al die heerlikheid van die hemel en die ewigheid, leef. Dit sal jou motiveer om getrou aan Jesus te bly terwyl jy vir sy wederkoms wag.

Sielskos: Josh 2:1-24; Hand 9:20-30

The five crowns (3)


2 Timothy 4:8 NKJV

The third crown mentioned in Scripture is the crown of righteousness. Paul writes: “I have fought the good fight, I have finished the race, I have kept the faith. Finally, there is laid up for me the crown of righteousness, which the Lord… will give to me on that Day, and… also to all who have loved His appearing” (vv. 7-8 NKJV).

A pastor amplifies this: “The book of 2 Timothy represents the last known writing of the apostle Paul, and we have reason to believe he was beheaded shortly after writing these words. But rather than dreading death, he was looking forward to the Second Coming. He was… content with his record of service for the Master. Paul’s use of the athletic metaphor here is especially descriptive of the life of the believer because it describes struggle, endurance, discipline, and final victory. The Crown of Righteousness is reserved for those who have a longing for the Lord Jesus and who watch for Jesus to come back.”

Writing to Titus, Paul speaks of “looking for the blessed hope and glorious appearing of our great God and Saviour Jesus Christ” (Titus 2:13 NKJV). The pastor continues: “Psychologists tell us that anticipation… is an emotion with marvellous healing powers. People who are snowbound sustain their spirits by anticipating the longer days of spring and summer. Couples… separated by military deployment stay sane by anticipating their reunion… Brides and grooms are eager for their wedding day.”

As a Christian, your best days are ahead of you, and you can anticipate all the glories of heaven and eternity. It should motivate you to be faithful to Jesus as you wait for His return.

Soul food: Josh 2:1-24; Acts 9:20-30

The five crowns (2)

2025-08-09
1 Thessalonians 2:19 NLT

The second crown mentioned in Scripture is the crown of rejoicing. It’s given to those who take part in leading others to Christ. The background for this passage is written about in Acts 17, which tells the story of Paul arriving in the city of Thessalonica.

He went into the synagogue, “and for three Sabbaths reasoned with them from the Scriptures, explaining… that the Christ had to suffer and rise again from the dead, and saying, ‘This Jesus whom I preach to you is the Christ'” (vv. 2-3 NKJV). Some of his hearers were converted, including a great multitude of devout Greeks and a number of prominent women. As a result, a church was built there. Writing to them later, Paul said that they would be his crown when Christ returned.

We should all follow Bill Bright’s example; he was one of the best soul winners of the twentieth century. And he once disclosed his secret: “Although I have shared Christ personally with many thousands of people through the years, I am a rather reserved person and I do not always find it easy to witness. But I have made this my practice, and I urge you to do the same: Assume that whenever you are alone with another person for more than a few moments, you are there by divine appointment to explain… the love and forgiveness he [or she] can know through faith in Jesus Christ.”

When was the last time you shared the gospel with someone? Whenever you do, the Lord is fitting you for a crown of rejoicing.

Soul food: Judg 4-6; Matt 16:1-12; Ps 119:57-64; Pro 17:22

Die vyf krone (2)


1 Tessalonisense 2:19 AFR83

Die tweede kroon wat in die Skrif genoem word is die kroon van blydskap. Dit word aan diegene wat daarna streef om ander mense na Christus te lei, gegee. Die agtergrond van bogenoemde Skrifgedeelte word in Handelinge 17 beskryf, wat die verhaal van Paulus wat in Tessalonika aankom, vertel.

Hy het na die sinagoge toe gegaan en “…op drie Sabbatdae na mekaar uit die Skrifte met die Jode geredeneer. Hy het die Skrif verklaar en aangetoon dat die Christus moes ly en uit die dood opstaan. ‘Hierdie Jesus wat ek aan julle verkondig,’ het hy gesê, ‘Hý is die Messias'” (verse 2-3 NLV). Sommige van sy toehoorders het hulle bekeer, insluitend ‘n groot menigte vroom Grieke en ‘n aantal vooraanstaande vroue. Gevolglik is ‘n kerk daar gestig. Toe Paulus later aan hulle skryf, het hy gesê dat hulle sy kroon sou wees wanneer Christus terugkeer.

Ons moet almal Bill Bright se voorbeeld volg; hy was in die twintigste eeu een van die grootste werwers van siele vir Christus. Hy het sy geheim gedeel: ‘Alhoewel ek deur die jare persoonlik Christus met baie duisende mense gedeel het, is ek ‘n taamlik teruggetrokke persoon en vind ek dit nie altyd maklik om te getuig nie. Ek het egter die volgende gedoen en ek moedig jou aan om dieselfde te doen: Aanvaar dat wanneer jy vir meer as ‘n paar oomblikke alleen saam met ‘n ander persoon is, jy daar op goddelike afspraak is om die liefde en vergifnis wat hy [of sy] deur geloof in Jesus Christus kan ken te verduidelik.’

Wanneer laas het jy die evangelie met iemand gedeel? Wanneer jy dit doen, berei God vir jou ‘n kroon van blydskap voor.

Sielskos: Rig 4-6; Matt 16:1-12; Ps 119:57-64; Spr 17:22

Die vyf krone (1)

2025-08-08
1 Korintiërs 9:25 AFR83

Wanneer die Bybel ons hemelse beloning beskryf, word daar van krone gepraat. Kom ons kyk na elkeen en wat ons daaruit kan leer.

Die eerste is die oorwinnaarskroon. ‘Almal wat aan ‘n wedstryd deelneem, ontsê hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om ‘n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons ‘n onverganklike. Ek hardloop dan ook soos een wat nie van sy doel onseker is nie; ek slaan soos ‘n bokser wat nie in die lug slaan nie. Maar ek oefen my liggaam en bring dit onder beheer, sodat ek nie ander tot die stryd oproep en self nie kwalifiseer nie’ (verse 25-27 AFR 83). Paulus noem dat atlete wat wil wen, aktief daarvoor moet oefen. Net so moet ons selfbeheersing oor dinge wat, alhoewel dit nie inherent boos is nie, maar ons toewyding aan God kan verswak, uitoefen.

‘n Pastoor verduidelik dit as volg: ‘Soms moet ons die televisie afskakel sodat ons Bybelstudie kan doen. Ons moet vroeër in die oggend opstaan om ons dagstukkie te lees. Ons moet selfbeheersing oor dit waarmee ons ons gedagtes vul, uitoefen. Ons kan baie van vandag se televisieprogramme en rolprente – en nog te meer die materiaal wat op ons fone en rekenaars beskikbaar is – nie kyk sonder om Bybelse standaarde van persoonlike heiligheid te oortree nie. Ons kan nie ons liggame aan dwelm- of alkoholmisbruik onderwerp of toelaat dat onsedelikheid in ons verhoudings insluip nie. Ons moet ons humeure en tonge onder die beheer van die Heilige Gees hou. Ons moet op God staatmaak om ons in ons besluite om ‘n gedissiplineerde lewe te lei, te versterk.’

Die Bybel sê: ‘Hulle doen dit om ‘n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons ‘n onverganklike.’ Werk om die oorwinnaarskroon te ontvang.

Sielskos: Rig 1-3; Matt 15:29-39; Ps 119:49-56; Spr 17:18-21