2025-08-23
Hebreërs 11:16 NLV
Daar is ‘n verhaal oor ‘n Amerikaanse toeris wat die huis van ‘n negentiende-eeuse Poolse rabbi besoek het. Die toeris was verbaas om dit so karig ingerig te vind. Die leefarea, ‘n eenvoudige kamer vol boeke, het ‘n tafel en ‘n bankie bevat. Toe die toeris die rabbi vra: ‘Waar is al jou meubels?’ het hy geantwoord: ‘Waar is joune?’ Die toeris het geantwoord: ‘Wat bedoel jy? Ek is ‘n besoeker. Ek is net tydelik hier.’ ‘Ek ook!’ het die rabbi geantwoord.
Ons almal is net tydelik hier. In werklikheid is Christene burgers van die hemel wat met ‘n ompad via die aarde huis toe gaan. ‘Ons daarteenoor het ons burgerskap in die hemel. Van dáár verwag ons ook die Here Jesus Christus as Redder’ (Filippense 3:20 NLV). Vir die verloste kind van God behoort die hemel ‘n ingesteldheid te wees; ‘n manier van dink en leef.
Paulus skryf: ‘Aangesien julle saam met Christus opgewek is, mik in dié lewe na die dinge wat daarbo by Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit. Laat julle gedagtes beheer word deur die hemelse dinge… Julle het mos saam met Christus gesterf en julle lewe is saam met Hom veilig by God weggesteek’ (Kolossense 3:1-3 NLV).
Die hemel is ons Noordster. Laat sy skoonheid jou verbeelding aangryp, sy waardes jou gedrag bepaal, sy vreugdes jou smart verlig en sy almagtige Koning jou lewenslange aanbidding ontvang! Die hemel behoort vir ons ‘n lewensveranderende waarheid te wees. Ons is nie hier om te bly nie. Ons is pelgrims op reis, met ‘n heerlike bestemming waar ons die ewigheid in ons Vader se huis gaan deurbring (sien Johannes 14:2). Ons is op pad na ons Ewige Huis!
Sielskos: Eseg 1-4; Matt 21:1-11; Ps 119:161-168; Spr 19:3-8
2025-08-22
2 Timothy 4:7 KJV
Before he was put to death for his faith, Paul wrote: “I have fought a good fight, I have finished my course, I have kept the faith: henceforth there is laid up for me a crown of righteousness, which the Lord, the righteous judge, shall give me at that day” (vv. 7-8).
Up until the moment he was executed, Paul kept writing truths that would change the world. He could say, “I have finished my course,” but never once did he say, “I quit!” Did he have reasons to quit? Sure, he had been persecuted by his enemies and deserted by his friends. What kept him going? The vision that burned in his heart (See Acts 26:19). As long as you have a vision, you will never be “old.” To overcome the fear of aging, you must do these:
(1) Maintain an attitude of faith and expectation. As long as you believe your best days are ahead of you – they are!
(2) Instead of obsessing about the good old days, seek ways to make new memories. For example, try celebrating the holidays in different ways, in different places, and with different people. If you want what you don’t have, then you must start doing what you haven’t done yet.
(3) Get your financial house in order. “A good man leaves an inheritance to his children’s children” (Proverbs 13:22 NKJV). And the greatest legacy you can leave is not money; it’s love, faithfulness, integrity, and an example of godly living.
As a redeemed child of God, when you die, you go to a better place – but your goal should be to leave the world a better place.
Soul food: Amos 5:18-9:15; Matt 20:29-34; Ps 119:145-160; Pro 19:1-2
2 Timoteus 4:7 NLV
Voordat hy vir sy geloof ter dood veroordeel is, het Paulus geskryf: ‘Ek het die goeie stryd gestry, ek het die wedloop voltooi, en ek het gelowig gebly. En nou wag die prys vir my: die lourierkrans van geregtigheid wat die Here, die regverdige Beoordelaar, my sal gee op die groot dag van sy wederkoms…’ (verse 7-8 NVL).
Tot op die oomblik wat hy tereggestel is, het Paulus aangehou om waarhede, wat die wêreld sou verander, te skryf. Hy het nooit gesê: ‘Ek gee op!’ nie. Het hy rede gehad om op te gee? Natuurlik, hy is deur sy vyande vervolg en deur sy vriende verlaat. Wat het hom aan die gang gehou? Die visie wat in sy hart gebrand het (sien Handelinge 26:19). Solank as wat jy ‘n visie het, sal jy nooit ‘oud’ wees nie. Om die vrees vir veroudering te oorkom, moet jy die volgende doen:
1) Handhaaf ‘n gesindheid van geloof en verwagting. Solank jy glo dat die beste dae nog voor jou lê, doen hulle!
(2) In plaas daarvan om oor die goeie ou dae obsessief te raak, soek maniere om nuwe herinneringe te maak. Probeer byvoorbeeld om jou vakansie op verskillende maniere, op verskillende plekke en met verskillende mense te vier. As jy dinge wil hê wat jy nie het nie, moet jy dinge begin doen wat jy nog nie gedoen het nie.
(3) Kry jou finansiële sake in orde. “‘n Goeie mens laat iets na vir kleinkinders…” (Spreuke 13:22 NLV). Die grootste nalatenskap is nie geld nie, maar liefde, getrouheid, integriteit en ‘n voorbeeld van ‘n goddelike lewe. As verloste kind van God, gaan jy na ‘n beter plek wanneer jy sterf – maar jou doelwit moet wees om die wêreld ‘n beter plek na te laat.
Sielskos: Amos 5:18-9:15; Matt 20:29-34; Ps 119:145-160; Spr 19:1-2
2025-08-21
Markus 14:8 NLV
“Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat saam aan tafel was, was verontwaardig daaroor: ‘Hoekom hierdie verkwisting van duur olie?’ het hulle gesê. ‘Sy kon dit vir ‘n yslike bedrag verkoop het en die geld vir die armes gegee het.’ En hulle het haar uitgetrap. Jesus het hulle egter geantwoord: ‘Laat haar met rus! Waarom maak julle dit vir haar so moeilik?.. Sy het haar allerbeste vir My gedoen. Sy het my liggaam vooruit gesalf vir my begrafnis. Ek verseker julle, waar hierdie Goeie Nuus ook al oor die hele wêreld verkondig sal word, sal daar ook gepraat word van wat sy gedoen het, en so sal sy vir altyd onthou word!'” (verse 3-6, 8-9 NLV).
Let twee dinge op wat Jesus oor hierdie vrou gesê het.
1) ‘Sy het haar allerbeste vir My gedoen’ (vers 8 NLV). Dit is ‘n teregwysing vir die trots in elkeen van ons. Ons dink as ander mense nie gaan sien dat ons iets groots doen nie, doen ons eerder niks. Moeder Teresa het glo gesê: ‘Ons kan nie almal groot dinge doen nie, maar ons kan almal klein dingetjies met groot liefde doen.’
2) ‘So sal sy vir altyd onthou word!’ (vers 9 NLV). Tweeduisend jaar later praat ons steeds van haar nalatenskap – barmhartigheid!
Jy hoef nie gesofistikeerd, geleerd of ryk te wees om barmhartig te kan wees nie. Dien God – en ander – en jou beloning in die hemel is verseker (sien 2 Timoteus 4:6-8 NLV).
Sielskos: Amos 1:1-5:17; Matt 20:17-28; Ps 119:137-144; Spr 18:22-24
Mark 14:8 NKJV
“A woman came having an alabaster flask of very costly oil… and poured it on His head. But there were some who were indignant… and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than three hundred denarii and given to the poor.’ And they criticized her sharply. But Jesus said, ‘Let her alone… She has done what she could. She has come beforehand to anoint My body for burial. Assuredly, I say to you, wherever this gospel is preached in the whole world, what this woman has done will also be told as a memorial to her'” (vv. 3-6, 8-9 NKJV).
Notice two things Jesus said about this woman.
(1) “She has done what she could” (v. 8 NKJV). This is a rebuke to the pride in each of us, which thinks if we can’t do something great that will be noticed and celebrated by others, we won’t do anything at all. Mother Teresa is attributed with saying, “We cannot all do great things, but we can all do small things with great love.”
(2) “What this woman has done will also be told as a memorial to her” (v. 9 NKJV). Two thousand years later, we’re still talking about her legacy. What was it? Kindness!
And you don’t have to be educated, sophisticated, or rich to do it. Bill Borden turned his back on a family fortune and ministered to students at Yale, orphans, widows, and alcoholics on the streets. Before he died, he wrote, “No reserves, no retreats, no regrets.” No reserves: Hold nothing back. No retreats: Never turn back. No regrets: Serve God – and others – and your reward in heaven is assured (See 2 Timothy 4:6-8).
Soul food: Amos 1:1-5:17; Matt 20:17-28; Ps 119:137-144; Pro 18:22-24